Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
GW wil talent op tuisbodem kweek

’n Droom om rugbyspelers van die Noord-Kaap binne vyf jaar vir Griekwas se senior provinsiale span te sien speel, kry gestalte met die Griekwas-rugbyinstituut.

’n Aansig van Tafel Lager Park in Kimberley, waar Griekwas hul tuiswedstryde speel. Foto: Gallo Images

Dié nuwe inisiatief, wat spelers vir die wêreld van beroepsrugby wil voorberei en hulle terselfdertyd ’n geleentheid vir ’n tersiêre kwalifikasie bied, is Vrydag in Kimberley bekend gestel.

Die Griekwaland-Wes Rugbyunie en UXI Sport het hande gevat met die projek, met die eerste studente wat in 2021 sal aanmeld.

UXI Sport het reeds ’n bewese rekord in die rugbywêreld en is byvoorbeeld die akademiese vennoot van die Westelike Provinsie en Cheetahs, wat soortgelyke programme het.

Leerlinge in die Noord-Kaap sal die fynere kunsies van die spel leer by Brendell Brandt, wat as die hoofafrigter van die instituut aangestel is.

Brandt is ’n bekende in Kimberley wat in sy speeldae onder meer vir die Poubloues diens gedoen het. Jaco Dames, breier van die Hoërskool Diamantveld se eerste span, sal as afrigtingskonsultant betrek word en is ook verantwoordelik vir die werwing.

Terwyl studente se rugbyvaardighede geskaaf word, sal hulle ook geskool word in verskeie aspekte van sportbestuur met opleiding wat oor drie jaar sal strek. Dit sal spelers help om ook voor te berei vir wanneer hul speeldae verby is.

Weet jy dat in Griekwas se span (wat aan die Curriebeker-reeks deelneem) is daar nie een speler van die Noord-Kaap nie?
Jaco Dames

Die plan is dat spelers vanaf 2022 ook kwalifikasies in landbou en opleiding in ambagte kan volg.

“Die instituut sal as voedingsbron dien vir Griekwas se o.20-span, hoewel ander spelers, byvoorbeeld die by klubs, ook oorweeg sal word.

“Ons hoop om vir daardie seuns wat nie universiteite toe gaan nie, en ook nie deur ’n groot unie opgeraap word nie, ’n kans te gee,” sê Dames.

“Weet jy dat in Griekwas se span (wat aan die Curriebeker-reeks deelneem) is daar nie een speler van die Noord-Kaap nie? Ons wil graag binne vyf jaar spelers wat deur ons skolestelsel gekom en deur die instituut is, vir die senior span lewer.”

Die instituut sal gesetel wees by Tafel Lager Park, Griekwas se basis, met die jong spelers wat ook blootstelling aan dinge soos die Poubloues se kultuur en manier van doen sal kry.

Meer oor:  Kimberley  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.