Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas, WP gee pas aan in uitdaagreeks

Die rugbyspanne van Griekwas en die Westelike Provinsie gee ná die derde ronde wedstryde die pas aan in hul groepe in die SuperSport-uitdaagsreeks.

Griekwas, wat saam met die Goue Leeus-vyftiental en die Pumas onoorwonne is in die Noordelike groep, het Saterdag nege drieë aangeteken in hul sege van 61-24 oor die Welwitschias van Namibië in Windhoek.

Die losskakel Ernst Stapelberg het Sondag op Mosselbaai vir die Vrystaat-vyftiental twee drieë afgerond en ook al sewe sy span se drieë verdoel.Foto: Gallo Images

Dis egter net punteverskil wat die Poubloues van die Goue Leeus-vyftiental en Pumas onderskei. Die Leeus het Saterdag ’n broekskeursege van 43-40 oor die Valke behaal, terwyl die Pumas Vrydag die Luiperds met 40-30 getroef het.

In die naweek se ander wedstryde in die noorde het die Blou Bulle die Griffons in Pretoria met 35-20 geklop.

Die WP het Vrydag die Haaie-vyftiental in Durban met 47-20 geklop, maar loer angstig oor sy skouer in die Suidelike Groep met die Boland-Kavaliers wat net een ligapunt agter hom is. Boland het die Grens Saterdag in Oos-Londen met 52-0 verrinneweer, met die flank Tapiwa Tsomondo wat ’n driekuns aan drieë aangeteken het.

In Sondag se aksie het die Vrystaat-vyftiental na die derde plek in die Suidelike Groep opgeskuif danksy ’n sege van 49-12 oor die Oostelike Provinsie-Olifante op Mosselbaai. Ernst Stapelberg, die Vrystaters se losskakel, het twee drieë aangeteken en met sewe doelskoppe geslaag.

Op hul beurt het die SWD-Arende die Zimbabwe-Akademie met 31-30 verslaan. Dit was die Arende se eerste sege in vanjaar se reeks, terwyl die Zimbabwiërs onderaan die puntelys is ná drie nederlae in soveel wedstryde.

Meer oor:  Supersport-Uitdaagreeks  |  Wp  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.