Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griffon oorwin kanker, oefen volstoom
Wynand Pienaar

Kanker kan oorwin word, is die Kankervereniging se leuse, en die jong Griffon-rugbyspeler Wynand Pienaar (27) het dit bewys.

Fase twee Hodgkin-limfoon is op 11 Maart by hom gediagnoseer. Dit word beskou as ’n uiters gevaarlike kanker.

Vir ses maande het hy elke twee weke chemoterapie in Bloemfontein ontvang. Hy het positief gebly.

“Waaroor ek my die meeste bekommer het, is wanneer ek weer rugby sal kan speel. Die enigste navorsing wat ek op die internet gedoen het, was om vas te stel of ek in die gimnasium mag oefen,” sê Wynand.

Hy het sy kanker as ’n rugbybesering gesien.

Die kragtige veelsydige agterspeler wat op heelagter én op senter uitblink, het weer ’n kontrak met die Griffons gesluit en oefen volstoom saam met die manne.

Wynand is aangestel as Kansa se ambassadeur in die Vrystaat en hy is ook voorsitter van volgende jaar se reëlingskomitee vir die Kansa-afloswedloop (Relay for Life).

“As ambassadeur sal ek veral sportbyeenkomste bywoon. Ek wil graag ’n impak op die gemeenskap maak en soveel mense moontlik bereik.”

Hy het by die Mnr. en Mej. Gimmie-aand by Welkom-Gimnasium vir die eerste keer sy verhaal vertel.

Voordat kanker by hom gediagnoseer is, was Wynand, behalwe vir rugbeserings, nooit siek nie.

Hy het begin Februarie gevoel daar is fout. Hy het gesukkel om asem te kry.

“Toe die kanker by my gediagnoseer is, het ’n rustigheid oor my gekom. Ek het positief gebly en ek het net geweet ek gaan die siekte oorwin.”

Hy het ’n veggees geopenbaar wat selfs sy familie verstom het.

“Ek moet sê, ek het baie ondersteuning van die familie gekry. Hulle was altyd daar vir my.”

Die Griffons self het R18 000 uit die MyPlayers-welwillendheidsfonds aan Kansa geskenk.

Sover bekend is Wynand die enigste spelende Griffon-rugbyspeler wat kanker gehad het en wat weer op die rugbyveld aangemeld het.

Hy sê hy het nooit newe-effekte van die chemoterapie gehad nie.

“Ek het net moeg geword.”

Wynand is ’n oudleerling van Welkom-Gimnasium. Hy het Cravenweek-rugby gespeel, ’n draai by die Haaitenk in Durban gemaak en het ook vir die Kavaliers uitgedraf.

Hy het in 2015 sy BCom-graad deur Unisa verwerf en studeer tans deeltyds deur Kovsies.

Meer oor:  Kanker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.