Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griffons klop OP-Olifante in Eerste Liga

Die rugbyspan van die Griffons is danksy sy oorwinning van 23-19 Saterdag in Port Elizabeth oor die Oostelike Provinsie-Olifante steeds stewig in die wedloop van die Curriebeker-reeks se Eerste Liga.

Die voormalige King-stut Hond van der Merwe was in die Griffons-span wat Saterdag in die Wolfson-stadion in Port Elizabeth met die OP-Olifante afgereken het. Foto: Gallo Images

Die Olifante het ’n swakkerige eerste helfte beleef en was met rustyd met 7-13 agter.

Kort ná die blaaskans het die plaasvervanger-vleuel Athi Majinye twee drieë gedruk wat die Olifante laat voorloop het.

Dit het gelyk of die tuisspan die knoop sou deurhak, maar toe gaan druk die flank Jean Pretorius kort voor die einde ’n onderskep-drie vir die Griffons.

Robbie Petzer het die drie verdoel om die telling 20-19 vir die besoekers te maak.

Danrich Visagie het kort daarna ’n skepdoel deur die pale gejaag om die oorwinning vir die Noord-Vrystaters te verseker.

In nog wedstryde in die reeks het die Jaguares-vyftiental sy tweede agtereenvolgende oorwinning behaal.

Die Argentyne was in Potchefstroom maklik met 54-16 baas teen die Boland.

In Oos-Londen het die Valke met 36-19 teen Grens gewen.

Die SWD-Arende het al Vrydagaand in George met 38-18 teen die Luiperds geseëvier.

Meer oor:  Op  |  Griffons
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.