Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griffons maak geskiedenis teen Welwitschias
Die Griffons se losskakel George Whitehead, is met 116 punte, die voorste puntemaker in die Provinsiale Reeks. Foto: ANDREW POOLMAN/REPUBLIKEIN

Die Griffons het Saterdag in Windhoek teen die Welwitschias vir die eerste keer in hul bestaan ’n 100-tal opgestapel.

Hulle het ’n rekordsege van 101-0 oor die tuisspan in die spanne se wedstryd in die Provinsiale Reeks behaal.

Die Griffons het rustyd reeds met 54-0 voorgeloop.

Hulle 15 drieë was ook ’n rekord.

Die Perses se vorige rekordsege was in 1992 toe hulle Stellaland met 72-12 geklop het en in die proses 11 drieë gedruk het.

Die Griffons se losskakel George Whitehead het 26 punte aangeteken en sy voorsprong as voorste puntemaker in die reeks gerek om nou met 116 punte tot dusver te spog.

Die Perses se vleuel Selvyn Davids, voorste driedrukker in die reeks, het twee keer gedruk en het nou altesaam 11 drieë in die reeks gedruk.

Die Perses se ander vleuel, Warren Williams, het soos in sy buiging teen die Valke vroeër, Saterdag sy tweede driekuns aan drieë in die reeks behaal.

Ek het verwag dat ons goed sou doen

Die afrigter van die Perses, Oersond Gorgonzola, het Sondag uit Windhoek gesê die rekordsege voel baie lekker.

“Ek het verwag dat ons goed sou doen, maar ek het nooit gedink dat ons meer as 100 punte sou aanteken nie," het Gorgonzola gesê.

Die Perses speel die naweek op hul tuisveld teen Blou Bulle.

“Hulle gaan van hulle Super-spelers kans gee in dié wedstryd, so ons sal baie goed voorbereid moet wees.”

* Griekwas het Saterdag hul eerste nederlaag in agt wedstryde gely, toe die Westelike Provinsie hulle met 24-23 op Nuweland geklop het.

Die Poubloues het rustyd met 13-10 voorgeloop.

Griekwas kom Saterdag teen die Vrystaat-XV-tal in Kimberley te staan.

Meer oor:  Vrystaat  |  Windhoek  |  Bloemfontein  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.