Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Groot gekroek met kaartjies vir Bok-toets

Honderde aanhangers kan volgende Saterdag weggewys word by die Westpac-stadion in Wellington, Nieu-Seeland, wanneer Suid-Afrika die All Blacks in die Rugbykampioenskap pak.

Die Bokke het verlede jaar met die All Blacks op die Westpac-stadion in Wellington afgereken. Foto: Getty Images

Stuff berig Ticketek het die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NSRU) gevra om weens “bedrieglike verkope” meer as 700 kaartjies te kanselleer.

Die NSRU het aanhangers Vrydag gewaarsku om kaartjies slegs deur amptelike kanale aan te skaf. Die beheerliggaam het kaartjiehouers aangeraai om die geldigheid van kaartjies wat deur nieamptelike kanale soos Viagogo aangeskaf is, na te gaan.

Viagogo is ’n herverkoper van kaartjies vir sport- en vermaakgeleenthede.

Die toets tussen die All Blacks en die Bokke is so te sê uitverkoop en met die 700 kaartjies wat Vrydag gekanselleer is, sal 700 nuwe kaartjies aan die publiek beskikbaar gemaak word.

Die NSRU se Richard Thomas sê die besluit om die kaartjies te kanselleer is geneem om standpunt in te neem teen bedrog.

“Ongelukkig is dit hoogs waarskynlik dat sommige van hierdie kaartjies reeds aan onwetende aanhangers verkoop is. Hulle mag dalk eers besef dit is ongeldig wanneer hulle volgende Saterdag toegang tot Westpac-stadion probeer verkry.

“Ons boodskap aan mense wat All Black-kaartjies deur nieamptelike kanale soos Viagogo aanskaf, is dat hulle die risiko loop om toegang geweier te word of buitensporig duur daarvoor te betaal.”

– Sportredaksie

Meer oor:  All  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.