Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Groot slag vir Leeus met Whiteley uit
Warren Whiteley verlaat die veld nadat hy Saterdag beseer is in die Superrugbywedstryd teen die Stormers op Nuweland.Foto: Gallo Images

Die Leeus se Superrugby-span is Maandag ’n groot hou toegedien met die nuus dat sy kaptein en agtsteman, Warren Whiteley, ’n groot deel van die Superrugby-reeks op die kantlyn gaan deurbring.

Whiteley het ’n pektorale spier geskeur in die span se nederlaag teen die Stormers op Nuweland die afgelope naweek.

Die tendon is nie afgeskeur nie, maar Whiteley sal nie sy span kan verteenwoordig wanneer hulle die komende naweek teen die Bulle op Ellispark te staan kom nie.

Volgens die span se dokter, Rob Collis, kan hy gevolglik tussen ses en agt weke die aksie vanuit die paviljoene dophou.

Volgens die span se dokter, Rob Collis, kan hy gevolglik tussen ses en agt weke die aksie vanuit die paviljoene dophou.

Hy sal in alle waarskynlikheid ook die span se wedstryde teen die Jaguares en Melbourne Rebels in Johannesburg misloop en ook nie saamreis wanneer die Leeus die Sunwolves in Singapoer pak nie.

Die kanse is ook skraal dat hy gereed sal wees vir hul tuiswedstryd teen die Haaie in Johannesburg op 5 April.

Whiteley sal in ’n wedloop met tyd gewikkel wees om betyds te herstel om op die vliegtuig te klim vir die Leeus se toer na Australasië, waar die Brumbies op 13 April eerste wag. Daarna kom die Chiefs en die verdedigende kampioen, die Crusaders, aan die beurt.

Die 31-jarige Whiteley het Saterdag die veld kort voor die rustyd verlaat met die span se breier, Swys de Bruin, wat toe al gereken het dat die nuus rakende die besering nie positief gaan wees nie.

Meer oor:  Warren Whiteley  |  Johanesburg  |  Superrugby  |  Kaptein  |  Leeus  |  Beseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.