Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
GW-kaptein wil toetsrugby vir Skotte speel

Kyle Steyn, kaptein en senter van Griekwas se rugbyspan, is verlore vir Suid-Afrikaanse rugby.

Tjeers, ek is op pad Skotland toe! Kyle Steyn in Augustus in aksie teen die Pumas in Mbombela. Foto: Gallo Images

Steyn (24) meld hom op 1 November by Skotland se sewesspan se oefengroep aan. Hy hoop om gekies te word vir die eerste twee toernooie van die nuwe seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks, wat later vanjaar begin.

Die reeks in Dubai is op 30 November en 1 Desember voordat Kaapstad (8 en 9 Desember) aan die beurt kom.

Steyn, wie se ma in Skotland gebore is, het reeds vroeër vanjaar vir die Skotte in die toernooie in Las Vegas en Vancouver uitgedraf.

“Ek is by Skotland se sewesspan gekontrakteer en hoop om later ook my plek na die vyftienmankode oop te werk. My toekoms lê daar (Skotland) en ek hoop om die beste te maak van die geleentheid,” sê Steyn.

Hy het hom in 2017 by Griekwas aangesluit nadat hy vir die Maties in die Varsitybeker-reeks uitgeblink het en is vanjaar ook met die Poubloues se kapteinskap in die Curriebeker-reeks toevertrou.

Hy sê gerugte dat hy by die Skotse Pro14-span, die Glasgow Warriors aangesluit het, is ongegrond.

“Die kontrakte in Skotland is sentrale kontrakte, maar ek hoop om wel ’n kans by die Warriors te kry.”

Behalwe vir Steyn groet die Poubloues ’n rits staatmakers ná afloop van hul laaste Curriebeker-wedstryd van die seisoen op 13 Oktober teen die Haaie in Kimberley.

Die veelsydige agterspeler AJ Coertzen sluit hom by Stade Aurillacois Cantal Auvergne in Frankryk aan, die slot Sintu Manjezi by die Vrystaat en die afrigter Peter Engledow gaan die Hoër Jongenskool Paarl se breier word.

Meer oor:  Sewes  |  Toetsrugby  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.