Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
GW se plan vir jeugrugby in Noord-Kaap
Griekwas se senter Keano Windvogel sit af op ’n lopie by die o.18-Cravenweek-toernooi in 2019 in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Minstens 50% van afrigters en spelers wat deel is van die hoëprestasieprogram van Griekwaland-Wes se Hoërskole-rugbyvereniging, moet mense van kleur wees.

Dit is van die bepalings wat vervat is in ’n plan om jeugrugby in die Noord-Kaap te versterk. Een van die grootste probleme in die streek is die reuse-afstande tussen dorpe – en ook dat belowende spelers in ’n klein dorpie soos Port Nolloth dikwels nie raakgesien word nie.

Die 44-jarige Jaco Dames, direkteur van rugby by die Hoërskool Diamantveld in Kimberley en die afrigter van die Poubloues se o.18-Cravenweekspan, staan aan hoof van die program. Die program bestaan reeds ’n paar jaar, maar die Noord-Kapenaars het dit verfyn om beter resultate te verseker.

Volgens die plan word die provinsie in ses streke verdeel, met al die provinsiale afrigters van Griekwas se verskillende skolespanne, soos die Craven-, Akademie- en Grant Khomo-week, wat hierop verteenwoordig is. Hul taak behels onder meer om spelers in hul gebied te identifiseer en ook om die ander afrigters by die skole waar hulle gesetel is te help oplei.

Van die 25 afrigters wat tans hier ingedeel is, is 13 breiers van kleur, dit wil sê 52%, maar die mikpunt is dat dit teen 2022 70% moet wees.

Om ’n afrigter op dié program te wees, moet breiers oor minstens ’n vlak-2-afrigtingsertifikaat van Wêreldrugby beskik. Indien belowende afrigters nie oor die kwalifikasie beskik nie, sal hulle bygestaan word om dit te verwerf.

Jaco Dames, afrigter van Griekwas se o.18-Cravenweek-span. Foto: Argief

Die uitgangspunt is dat indien ’n beter afrigtingstruktuur in plek is, sal dit beter resultate op die veld verseker. Griekwas kon in 2019 tydens die Cravenweek in Bloemfontein slegs een van hul drie wedstryde wen, maar was in 2017 onoorwonne. Die uitslae in 2017 dien as bewys dat daar talentvolle spelers in die streek is.

Wat die verbetering van uitslae op die veld betref, sal skole talentvolle spelers kan benoem, wat dan aan toetse onderwerp sal word. Oefenkampe sal vir o.15- en o.17-spelers gehou word, met die transformasieplan wat behels dat 50% van deelnemers gekleurde spelers moet wees. Daarna sal spelers ook ’n oefenprogram ontvang en deurlopend deur die afrigters gemonitor word. Dit sal help om talentvolle spelers reeds op ’n vroeë ouderdom te identifiseer en deurlopend te laat ontwikkel.

By die kampe sal spelers aan verskeie toetse onderwerp word en dié uitslae sal ook aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gestuur word. Dit sal die nasionale beheerliggaam in staat stel om homself behoorlik te vergewis van beskikbare talent in die Noord-Kaap.

Meer oor:  Jaco Dames  |  Jeugrugby  |  Griekwas  |  Rugby  |  Skolerugby  |  Griekwaland-Wes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.