Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie bevestig Brent trek Durban toe
Brent Janse van Rensburg is Maandag amptelik as die Haaie se nuwe voorspeler-afrigter onthul. Foto: Gallo Images

Die Haaie het Maandag amptelik aangekondig Brent Janse van Rensburg gaan hul voorspelers in volgende jaar se Superrugby-reeks afrig.

Die Haaie se Curriebeker-breier, Sean Everitt, is as die Superrugby-hoofafrigter aangestel, terwyl Dave Williams die agterlyn- en aanvalsafrigter sal wees.

Nick Easter, die huidige voorspelerafrigter, het besluit om terug te keer na Engeland om sy loopbaan daar voort te sit.

“Ek en my gesin het wonderlike herinneringe en vriende in Durban gemaak. Dit was ’n voorreg om deel van so ’n prestigeryke span te wees,” sê Easter.

Janse van Rensburg het Griekwas vanjaar tot die titel in die SuperSport-uitdaagreeks gebrei en die Poubloues ook gehelp om die Curriebeker-halfeindronde te haal.

Hy het verlede week onverwags sy bedanking as Griekwas-afrigter aangekondig.

“Dit is ’n groot voorreg en eer om by die Haaie betrokke te wees en ek is dankbaar vir die geloof wat hulle in my vermoë plaas,” sê Janse van Rensburg.

Dit is ’n groot voorreg en eer om by die Haaie betrokke te wees en ek is dankbaar vir die geloof wat hulle in my vermoë plaas.
Brent Janse van Rensburg

Hy sien uit om saam met Everitt te werk.

“Hy is ’n baie goeie man en verdien hierdie geleentheid,” sê Janse van Rensburg oor die nuwe hoofafrigter.

Die Haaie se nuwe uitvoerende hoof, Eduard Coetzee, sê hulle wil bestendigheid vestig en daarom is Everitt as die voltydse breier aangestel. Hy neem die leisels oor by Robert du Preez.

“Ek is tevrede met hoe die span gegroei het. Ons het baie van ons doelwitte in die Curriebeker-reeks bereik,” sê Everitt.

Sean Everitt, die Haaie se breier.

“Ons wou jong spelers vir Superrugby ontwikkel en ek dink ons het dit gedoen.”

Die Haaie het ook aangekondig dat Phiwe Nomlomo as ’n vaardigheidspesialis aangestel is wat met al die Haaie se spanne sal werk.

Nomlomo het die SA Skole ‘A’-span in Augustus se o.18-reeks afgerig.

Etienne Fynn (’n oud-Bokstut) van die Haaie-akademie was vanjaar ’n skrumkonsultant by die senior span en sal van volgende jaar af die voltydse skrumafrigter wees.

Die Haaie het ook aangekondig die uitgaande uitvoerende hoof, Gary Teichmann, sal nie net in ’n raadgewende hoedanigheid aanbly nie, maar ook in ’n formele rol by die Haaie.

“Hy sal mentorskap aan die afrigtingspan verskaf en spelersverhoudinge en die spankultuur dryf,” lui die verklaring.

Meer oor:  Sean Everitt  |  Brent Janse Van Rensburg  |  Durban  |  Haaie  |  Superrugby  |  Afrigter  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.