Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie gaps Blitsbok Zain Davids
Zain Davids Foto: Carl Fourie/Gallo Images

Die Haaie het hul diepte onder hul losvoorspelers met die kontraktering van die Blitsbok Zain Davids aangevul.

Sean Everitt se span het ook onlangs gesprekke gevoer met Pieter Scholtz, vaskopstut van die Kings, oor ’n moontlike skuif na Durban.

Die 23-jarige Davids sal sy lyf flank vir die Haaie hou. Hy kan James Venter se adjudant as ses-flank wees.

Goeie nuus vir die Haaie is dat Davids se skouerbesering iets van die verlede is. Die besering het hom verlede jaar geruime tyd van die veld gehou.

Al is hy een van die land se sewessterre, het Davids voorheen sy merk in vyftienmanrugby gemaak. Dié oudleerling van Rondebosch Boys’ High het die SA Skolespan in 2015 en die Junior Bokke in 2016 verteenwoordig.

Meer oor:  Kontrak  |  Haaie  |  Zain Davids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.