Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie gaps Leeus se Madosh

Die Haaie het een van die Leeus se blinkste diamante, die vleuel Madosh Tambwe, met welslae by Ellispark afgevry.

Madosh TambweFoto: gallo

Tambwe tel saam met Ox Nche, Henco Venter (albei Cheetahs), Sikhumbuzo Notshe (Westelike Provinsie), Werner Kok (Toulouse en Blitsbokke), James Venter (Leeus), Jarrod Taylor, Jacques Goosen (albei Selborne College en SA Skole) en Kian Meadon (Boishaai, SA Skole) onder die Durbaniete se aanwinste.

Die 22-jarige Tambwe is in Kinshasa gebore, het op Parktown Boys High se skoolbanke gesit en speel al van 2017 vir die Leeus.

Hy het die rugbywêreld verlede jaar van hom laat kennis neem toe hy vier drieë in ’n kragmeting met die Stormers gedruk het.

In Durban sal hy moet uithaal as hy ’n plek in die Haaie se Superspan wil losspeel. Makazole Mapimpi en S’bu Nkosi is hul eerstekeuse-vleuelpaar. Hulle het in die Curriebeker meestal op Lwazi Mvovo en Kobus van Wyk as vleuels staatgemaak. JP Pietersen is ook nog daar, al het hy eerder gereeld op senter in die Curriebeker diens gedoen.

Tambwe se vertrek is ná sy goeie spel in die Curriebeker gewis ’n terugslag vir die Leeus, maar hulle het steeds vleuels soos Courtnall Skosan, Jamba Ulengo, Stean Pienaar, Duncan Matthews (die Leeus oorweeg hom ook as senter), Tyrone Green (hy speel deesdae meer heelagter) en Jan-Louis la Grange om uit te kies.

  • Rhyno Smith, nog ’n blits, sal hom binnekort by die Cheetahs aansluit en is vir die Haaie verlore.
  • Die Haaie het die week bevestig Brent Janse van Rensburg gaan hul voorspelers in volgende jaar se Superreeks afrig. Die Haaie se Curriebeker-breier, Sean Everitt, is as die Superrugby-hoofafrigter aangestel, terwyl Dave Williams die agterlyn- en aanvalsafrigter is.

Die Haaie het ook aangekondig dat Phiwe Nomlomo, hoofafrigter van Selborne College, as ’n vaardigheidspesialis aangestel is. Hy sal met al die Haaie se spanne werk. Nomlomo het die SA Skole “A”-span in Augustus se o.18-reeks afgerig.

Etienne Fynn sal van volgende jaar af die heeltydse skrumafrigter wees.

Meer oor:  Haaie  |  Leeus  |  Madosh Tambwe  |  Ellispark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.