Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie hou by wenkombinasie vir Leeus-stryd
Le Roux Roets sal Saterdag een van die Haaie se plaasvervangers vir die stryd teen die Leeus wees. Foto: Gallo Images

Die Haaie het nie aan ’n wenspan getorring nie en dieselfde beginspan wat die afgelope naweek met die Stormers afgereken het, sal die Leeus Saterdag in Durban die stryd aansê.

Sean Everitt, die Haaie se hoofafrigter, het slegs twee veranderinge op sy plaasvervangersbank aangebring vir die plaaslike Reënboogbeker-kragmeting teen die Gautengers.

Die groot slot Le Roux Roets vervang vir JJ van der Mescht op die bank en die skrumskakel Jaden Hendrikse vir Sanele Nohamba.

Hendriks het van ’n besering herstel.

Haaie: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am (k), Jeremy Ward, Yaw Penxe, Curwin Bosch, Grant Williams, Sikhumbuzo Notshe, Henco Venter, Siya Kolisi, Reniel Hugo, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Fez Mbatha en Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Kerron van Vuuren, Ntuthuko Mchunu, Wiehahn Herbst, Le Roux Roets, Phepsi Buthelezi, Jaden Hendrikse, Manie Libbok en Werner Kok.

Meer oor:  Haaie  |  Leeus  |  Reënboogbeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.