Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie kies Bosch op heelagter
Curwin Bosch is terug in die Haaie se span vir die Superrugby-kwarteindstryd teen die Brumbies in Canberra.Foto: Gallo Images

Curwin Bosch is terug in die Haaie se span vir sy Superrugby-kwarteindstryd teen die Brumbies, maar nie op losskakel nie.

Dié Springbok, wat herstel het van ’n enkelbesering, is op heelagter gekies vir Saterdag se kragmeting in Canberra. Hy vervang Aphelele Fassi, wat verlede week ’n skouerbesering teen die Stormers opgedoen het.

Dít is die enigste verandering aan die Haaie se span wat die stryd op Nuweland begin het.

Daar is ook een verandering op die plaasvervangerbank, waar die stut Juan Schoeman terug is ná griep en hy by John-Hubert Meyer oorneem.

Bosch het vroeër in die Haaie se veldtog groot sukses op losskakel behaal en verskeie kenners meen dat hy, pleks van Robert du Preez, die nr.10-trui behoort te dra.

Fassi se besering maak dit egter makliker vir die Haaie se afrigter, ook Robert du Preez, om sy seun se insluiting op losskakel te regverdig.

* Haaie: Curwin Bosch, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Robert du Preez, Louis Schreuder (k), Daniel du Preez, Tyler Paul, Jacques Vermeulen, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Coenie Oosthuizen, Kerron van Vuuren, Mzamo Majola. PLAASVERVANGERS: Cullen Collopy, Juan Schoeman, Thomas du Toit, Gideon Koegelenberg, Luke Stringer, Cameron Wright, Jeremy Ward, Rhyno Smith.

Meer oor:  Aphelele Fassi  |  Curwin Bosch  |  Canberra  |  Haaie  |  Brumbies  |  Superrugby  |  Superrugby-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.