Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie kry bonuspunt in Kimberley
Phepsi Buthelezi, kaptein van die Haaie, duik oor vir sy span se eerste drie. Foto: Tafel Lager Griekwas

Die Haaie se voorspelers het ’n groot aandeel in dié span se oorwinning oor Griekwas in die twee spanne se eerste Curriebeker-wedstryd van die nuwe seisoen gehad.

Die Durbaniete het Saterdag vier drieë gedruk om met 30-16 in Kimberley gewen en in die proses ’n bonuspunt ingesamel.

Hoewel dit allermins ’n afgeronde vertoning deur die besoekers was, het hul voorspelers die bal met oorgawe gedra. Sodoende het hulle die tuisspan stuk vir stuk tot oorgawe gedwing.

Daar was tye in die eerste helfte dat die Haaie so gevaarlik gelyk het dat ’n mens vermoed het ’n wegholoorwinning is vir hulle op pad.

Maar die Durbaniete se skrums het veral vroeg in die wedstryd gelol – ’n faset waar hulle ’n paar keer gestraf is. Later in die wedstryd het hulle hul egter reggeruk in dié faset en Griekwas ’n paar probleme besorg.

Met die rustyd was die telling 10-6 in die Haaie se guns. Die paar minute voor die rustyd het Griekwas ’n paar keer gelyk of hulle ’n drie of twee kan druk. Maar helaas het foute op kritieke tye hulle verhoed om drieë te druk.

Jeremy Ward

Een van die dinge wat in die eerste helfte uitgestaan het, is dat die Haaie met meer balbesit meer skade sou aanrig. Ná rustyd die besoekers by meer as een geleentheid, met die flank James Venter aan die spits, balbesit by die afbreekpunte verseker.

Die gevolg van ’n oormaat balbesit is gewoonlik ’n aantal drieë. Wat wel die geval was. Eers het Jeremy Ward (senter) in die 48ste minuut gaan druk, waarna Hyron Andrews (slot) kort daarna ook die kalklyn oorgesteek het.

Maar Griekwas ken nie van tou opgooi nie. Want net oomblikke nadat Andrews gaan druk het, het André Swarts (senter) ’n skoppie gegee, wat Eduan Keyter (vleuel) opgepik het om sy span se eerste drie te druk.

Keyter se drie het sy span duidelik selfvertroue gegee. Hulle het meegeding by die afbreekpunte, die bal sterk gedra en geboer in die Haaie se helfte van die veld.

Die tuisspan het egter foute gemaak soos ’n ingooi by ’n lynstaan net meters van die Durbaniete se doellyn wat nie bemeester kon word nie. Daarby het die besoekers se verdediging gehou.

Die Haaie het by tye meters veld gewen met rolmaalbewegings en reg teen die einde hul vierde drie vir die bonuspunt gedruk.

Daar was ’n paar positiewe aspekte vir Griekwas, maar ’n groot probleem was die baie foute en strafskoppe wat afgestaan is.

Daar was ’n paar positiewe aspekte vir Griekwas, maar ’n groot probleem was die baie foute en strafskoppe wat afgestaan is. Ruan Steenkamp (agtsteman) en Gideon van der Merwe (flank) het benewens goeie lakwerk ook vir die tuisspan uitgestaan by die afbreekpunte.

Puntemakers:

Haaie 30 (10): Drieë: Phepsi Buthelezi, Jeremy Ward, Hyron Andrews, Kerron van Vuuren. Doelskoppe: Boeta Chamberlain (2). Strafdoel: Chamberlain. Skepdoel: Chamberlain.

Griekwas 16 (6): Drieë: Eduan Keyter, Daniel Kasende. Strafdoele: George Whitehead (2).

 
Meer oor:  Jeremy Ward  |  Phepsi Buthelezi  |  Durban  |  Kimberley  |  Haaie  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.