Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie kry rugbyles in Buenos Aires
Die Jaguares se Emiliano Boffelli druk en van sy twee drieë Saterdagaand teen die Haaie. Die senter Lukhanyo Am is te laat om te keer.Foto: Getty Images

Die Jaguares het die Haaie Saterdagaand ’n deeglike loesing met 34-7 in die Superrugby-wedstryd in Buenos Aires gegee en daarmee seker gemaak dat hulle die Suid-Afrikaanse konferensie wen.

Nadat die tuisspan met die rustyd met 12-0 voor was, het hulle uiteindelik vyf drieë teenoor die enkele een van die Haaie gedruk en hul oorwinning was so oortuigend soos wat die telling aandui.

Indien die Argentyne hierdie spelpeil volhou, gaan hulle nie ’n maklike span wees om te klop nie.

Hulle is baie gunstig geplaas om tweede te eindig op die punteleer en in so ’n geval ook ’n tuis-halfeindstryd te kry indien hulle daar uitkom.

Vir die Haaie was dit ’n teleurstellende vertoning en hulle moes tot in die 67ste minuut wag om hul enigste drie te druk, toe die senter André Esterhuizen afgerond het.

Die Jaguares-heelagter, Emiliano Boffelli, was uitstaande en het nie net twee keer gedruk nie, maar elke keer wat hy aan die bal geraak het, was daar moeilikheid vir die Haaie.

Die Jaguares-heelagter, Emiliano Boffelli, was uitstaande en het nie net twee keer gedruk nie, maar elke keer wat hy aan die bal geraak het, was daar moeilikheid vir die Haaie.

Robert du Preez het op losskakel net minder as ’n uur op die veld deurgebring en was betreklik onopsigtelik en het nie veel impak gehad nie.

Die Jaguares se verdediging was uitstekend en die Haaie het nie deurkomkans kon kry nie.

Op die aanval was die tuisspan ook baie goed en hulle het die gapings gevind en die Haaie soms oorhoops gehardloop.

Hulle is ’n baie afgeronde span wat goed as eenheid speel en weet hoe om situasies uit te buit en die doellyn te bereik.

Kort voor die einde van die wedstryd was daar ook ’n verdere terugslag vir die Haaie, toe Curwin Bosch die veld met ’n enkelbesering verlaat het.

Punte:

Jaguares 34 (12): Drieë: Sebastian Cancelliere (2), Emiliano Boffelli (2), Santiago Carrerras. Doelskoppe: Joaquin Diaz Bonilla (3). Strafdoel: Diaz Borilla.

Haaie 7 (0): Drie: André Esterhuizen. Doelskop: Curwin Bosch.

Meer oor:  Robert Du Preez  |  Superrugby  |  Jaguares  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.