Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie maak verandering op skrumskakel

Die Haaie het slegs een verandering aan hul beginspan aangebring wat die naweek met die Bulle op Loftus Versfeld kragte meet.

Jaden Hendrikse is terug in die Haaie se beginspan. Foto: Gallo Images

Die skrumskakel Jaden Hendrikse maak sy terugkeer tot die opdrafspan in die plek van Grant Williams. Williams het in die eerste twee Reënboogbeker-wedstryde, teen die Stormers en die Leeus, begin.

Williams is nie in die 23-tal vir die wedstryd teen die Bulle nie. Sanele Nohamba maak ’n terugkeer tot die plaasvervangersbank.

Hendrikse het hom in die Curriebeker-reeks as die Haaie se voorkeur-skrumskakel onderskei, maar het die begin van die Reënboogbeker-reeks weens ’n besering misgeloop. Hy het verlede week teen die Leeus sy terugkeer van die plaasvervangersbank af gemaak.

Sean Everitt, die Haaie se afrigter, poog om bestendigheid te kweek en Hendrikse se insluiting is die enigste skuif aan sy beginspan in al drie die wedstryde in die eerste ronde van die Reënboogbeker-reeks.

• Haaie: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am (k), Jeremy Ward, Yaw Penxe, Curwin Bosch, Jaden Hendrikse, Sikhumbuzo Notshe, Henco Venter, Siya Kolisi, Reniel Hugo, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Fez Mbatha en Ox Nché. PLAASVERVANGERS: Kerron van Vuuren, Ntuthuko Mchunu, Wiehahn Herbst, Le Roux Roets, Phepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Manie Libbok, Werner Kok.

Meer oor:  Haaie  |  Bulle  |  Reënboogbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.