Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie moet teenvoeter vir baljagters vind

Die Haaie het weliswaar hul eerste wedstryd in die plaaslike Reënboogbeker-reeks gewen, maar Sikhumbuzo Notshe sê die span is nie tevrede met sy vertoning Saterdag teen die Stormers nie.

“ ’n Mens kan nooit tevrede wees ná ’n eerste wedstryd nie, daar is altyd goed waaraan jy kan werk. Ons werk by die afbreekpunte was power, hul baldiewe het hul hande op ons besit gekry. Ons moet beter kyk na die baldraers,” het Notshe, die Haaie-agtsteman, Dinsdag gesê.

Sikhumbuzo Notshe die afgelope naweek teen die Stormers in Kaapstad in aksie. Foto: Gallo Images

Veral die Stormers se indrukwekkende jong oopkantflank Nama Xaba het die Haaie se besit by die afbreekpunte gereeld vertraag, gesteel of strafskoppe afgedwing.

“Dit is iets waarin ons onlangs nie bestendig was nie. Ons het in sekere wedstryde konsentrasie verloor. Dit is ’n kwessie wat aangepak is en ons werk daaraan.”

Notshe sê die vroeë probleme in die lynstane was daaraan te wyte dat Reniel Hugo, die nr. 5-slot, nog nuut is by die Haaie.

“Dit is nie sy skuld nie, dit is die agttal as ’n eenheid wat die skuld moet kry. Tog sal ons dit regstel.”

Die belangrikste ding is dat ons mekaar moet aanvul en moet saamwerk. Siya is ’n goeie ou, ’n goeie speler en ’n goeie leier.

Daar was egter positiewe aspekte ook. Soos dat hulle ’n groot agterstand kon uitwis om met 33-30 te wen.

“In een stadium was ons met 17-0 agter, maar onder die pale het ons daaroor gepraat dat die energie en entoesiasme daar is en dít het ons oor die wenstreep gekry.

“Ons was goed op die verdediging en ons was gedissiplineerd wat die aangepaste reëls betref.”

Hy het dit ook geniet om weer saam met sy gewese Stormers-spanmaat Siya Kolisi in ’n lostrio te sak.

As die Leeus ons met hardlooprugby wil aanvat, sal ons gereed wees daarvoor.

“Die belangrikste ding is dat ons mekaar moet aanvul en moet saamwerk. Siya is ’n goeie ou, ’n goeie speler en ’n goeie leier.”

Die komende naweek kom die Haaie tuis teen die Leeus te staan. Die Leeus het hul eerste wedstryd teen die Bulle met 22-9 verloor.

“Die Leeus is anders as die Stormers, maar hulle is ’n baie fisieke span. Jy moet hulle respekteer, want hulle het al gewys wat hulle hier kan doen as jy laat slaplê,” sê Notshe.

“ ’n Ou soos Fred Zeilinga (losskakel) het die wedstryd teen die Bulle tot ’n mate goed beheer. As die Leeus ons met hardlooprugby wil aanvat, sal ons gereed wees daarvoor.”

Meer oor:  Sikhumbuzo Notshe  |  Haaie  |  Leeus  |  Reënboogbeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.