Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie ontplooi groot kanonne teen Bulle
Die Haaie se losskakel Curwin Bosch sal hoogs gemotiveerd wees vir Saterdag se Reënboogbeker-wedstryd teen die Bulle nadat hy oor die hoof gesien is vir die Springbok-groep. Foto: Gallo Images
Siya Kolisi (links) en Lukhanyo Am is terug om die Haaie meer slaankrag in Saterdag se kragmeting met die Bulle te gee. Foto: Gallo Images

Sean Everitt, afrigter van die Haaie, gaan sy grofgeskut inspan vir Saterdag se Reënboogbeker-wedstryd teen die Bulle, wat sal bepaal watter een van dié spanne op 19 Junie in die Noord-Suid-eindstryd teen Benetton in Treviso gaan speel.

Lukhanyo Am, die Haaie se kaptein, en die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, is albei terug – onderskeidelik as buitesenter en nr. 6-flank – nadat hulle verlede naweek se oorwinning van 33-21 oor die Leeus op Ellispark misgeloop het.

So ook sterre soos die heelagter Aphelele Fassi en losskakel Curwin Bosch.

As die Haaie vyf ligapunte in dié kragmeting insamel en kan verhoed dat die Bulle ’n enkele een aanteken, sal hulle die eindstryd in Italië haal.

Die feit dat Everitt se span verlede maand nog met 9-43 teen die Bulle op Loftus Versfeld verloor het, boesem egter nie veel vertroue in ten einde daardie doelwit te behaal nie, maar die breier beskou ’n oorwinning met vier drieë nie as ’n onrealistiese doelwit nie.

Die oorwinning oor die Leeus het ons met baie selfvertroue toegerus.
Sean Everitt

“Die Bulle het ook verbeter, het maniere gevind om te wen en is ’n goeie span, maar die oorwinning oor die Leeus het ons met baie selfvertroue toegerus,” sê Everitt.

Haaie-span: Aphelele Fassi, Anthony Volmink, Lukhanyo Am (k), Marius Louw, Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Jaden Hendrikse, Phepsi Buthelezi, Thembelani Bholi, Siya Kolisi, Hyron Andrews, JJ van der Mescht, Khutha Mchunu, Kerron van Vuuren, Khwezi Mona. PLAASVERVANGERS: Moet nog aangewys word. – Sportredaksie

Meer oor:  Sean Everitt  |  Siya Kolisi  |  Lukhanyo Am  |  Pretoria  |  Durban  |  Rugby  |  Bulle  |  Springbokke  |  Reenboogbeker-Reeks  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.