Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie rig visier op Leeus se Tshituka

Sean Everitt se boodskap aan sy span voor Saterdag se Reënboogbeker-kragmeting met die Leeus in Durban is eenvoudig: Klou vas aan die bal.

“Dit was betreurenswaardig dat ons teen die Stormers soveel keer omgekeerde besit afgestaan het in alle fasette van die spel en ons het hard daaraan gewerk,” het Everitt Donderdag by die spanaankondiging vir dié wedstryd gesê.

Le Roux Roets is op die Haaie se plaasvervangersbank ingesluit vir hul kragmeting met die Leeus Saterdag in Durban. Foto: Gallo Images

“Ons het hard geskaaf aan ons spel by die afbreekpunte, nadat ons vyf keer daar besit afgestaan het teen die Stormers. Die Leeus het ouens wat baie goed om die bal meeding en ons sal dus dié week moet beter wees, veral as ons aanvallende rugby wil speel.

“Besit gaan ongelooflik belangrik wees. Vincent Tshituka (Leeus-flank) is baie gevaarlik by die afbreekpunte. Ons sal hom goed moet dophou, sodat ons nie met rukke en stote speel nie.”

Everitt het dieselfde beginspan gekies as die een wat die Stormers met 33-30 in Kaapstad geklop het.

Hy sê hoewel die Leeus hul eerste wedstryd teen die Bulle verloor het, kon die uitslag net sowel anders gewees het.

Die Leeus is ’n span wat net eenvoudig nooit gaan lê nie – dis al so sedert Johan Ackermann se dae.

“Die Leeus het tot ongeveer die 70ste minuut nog ’n kans gehad om daardie wedstryd te wen. Hulle is ’n taai span om teen te speel.

“Hulle het ’n ervare voorry en gevaarlike agterspelers, met iemand soos Wandisile Simelane wat ’n doring in ons vlees was in die voorbereidingsreeks.

Rugby op TV

Saterdag:

09:05: Aotearoa-eindstryd – Crusaders t. Chiefs.

11:45: Aussie-reeks, eindstryd –Reds t. Brumbies.

14:00: Interskole: Hoër Jongen­skool Paarl t. Grey Kollege (201, 206).

16:15: Reënboogbeker – Haaie t. Leeus.

18:15: Reënboogbeker – Stormers t. Bulle (alles op 201 en 211).

• Afskoptye.

“Die Leeus is ’n span wat net eenvoudig nooit gaan lê nie – dis al so sedert Johan Ackermann se dae. Baie van die spelers wat onder hom gespeel het, is nou afrigters daar en daardie DNS leef voort.”

Everitt het slegs twee veranderinge op sy plaasvervangersbank aangebring.

Die groot slot Le Roux Roets vervang vir JJ van der Mescht in ’n rotasiebesluit en die skrumskakel Jaden Hendrikse vir Sanele Nohamba.

Hendrikse het van ’n besering herstel, maar Everitt sê hy wou vir Grant Williams nog ’n geleentheid in die beginspan gee en Hendrikse sit daarom op die plaasvervangersbank.

“Ons het drie baie goeie skrumskakels en ons is in ’n situasie wat ons kan roteer. Hendrikse (21) en Nohamba (22) is albei nog baie jonk en dit is goed dat ons hulle kan help om te leer en hulle in uitstekende spelers kan ontwikkel.”

Haaie: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am (k), Jeremy Ward, Yaw Penxe, Curwin Bosch, Grant Williams, Sikhumbuzo Notshe, Henco Venter, Siya Kolisi, Reniel Hugo, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Fez Mbatha en Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Kerron van Vuuren, Ntuthuko Mchunu, Wiehahn Herbst, Le Roux Roets, Phepsi Buthelezi, Jaden Hendrikse, Manie Libbok en Werner Kok.


Meer oor:  Haaie  |  Sean Everitt  |  Leeus  |  Reënboogbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.