Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie roede gespaar ná GW-debakel

Bykans al die Haaie se spelers wat betrokke was in verlede naweek se rampspoedige Curriebeker-rugbywedstryd teen Griekwas, het die valbyl vrygespring.

Rhyno Smith, wat later vanjaar vir die Cheetahs in die Pro14-reeks gaan speel, is op heelagter gekies vir die Haaie se Curriebeker-stryd teen die WP. Foto: Gallo Images

Trouens, daar is slegs een verandering aan die beginspan vir Saterdag se kragmeting met die Westelike Provinsie in Durban: Rhyno Smith neem die plek van Aphelele Fassi op heelagter, met Fassi wat afskuif na die plaasvervangersbank.

Juan Schoeman, die Haaie se loskopstut in die beginspan, het Donderdag gesê die spelers is gereed om alles in te sit om vir verlede Vrydag se debakel, toe die Poubloues hulle met 37-13 slae gegee het, te vergoed.

“Dit was ’n yslike wekroep, maar met genoeg harde werk sal die span aanhou om te groei,” sê Schoeman.

“Teen die WP is dit voorlangs altyd fisiek. Hulle het die Blou Bulle tot oorgawe gedwing in die skrums en het goeie agterspelers. Ons moet seker maak dat ons op ons beste is en na ons sterkpunte speel.

“Ons is van mening dat ons ’n beter span is as die een wat teen Griekwas gespeel het. Ons is geskud en moet seker maak dat ons uit die ervaring leer.”

* Haaie: Rhyno Smith, Kobus van Wyk, JP Pietersen, Jeremy Ward (mede-kaptein), Lwazi Mvovo, Curwin Bosch, Cameron Wright, Tera Mtembu (mede-k), Jacques Vermeulen, Luke Stringer, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Coenie Oosthuizen, Kerron van Vuuren, Juan Schoeman. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Mzamo Majola, John-Hubert Meyer, Gideon Koegelenberg, Phepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Marius Louw, Aphelele Fassi.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Wp  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.