Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie se broers sê dalk reeds koebaai

Die Du Preez-broers, Jean-Luc en Dan, se speeldae by die Haaie is straks verby.

Die Engelse klubspan ­Sale Sharks het die Haaie versoek om die Du Preez-broers vroeër van hul kontrakte vry te stel.

Dan du Preez

Die aanvanklike ooreenkoms was dat Jean-Luc en Dan hulle later vanjaar, as hulle nie deel van die Springbokke se Wêreldbekerplanne is nie, by Sale Sharks sal aansluit.

Hulle sou volgende jaar vir Superrugby na die Haaie terugkeer, waarna hulle daarna die volgende twee jaar heeltyds vir Sale Sharks beskikbaar is.

Rapport verneem die Haaie moet nog ’n finale besluit neem of hulle die Du Preez-broers vroeër sal vrystel. Die ander Du Preez-broer, Robert, het reeds sy loopbaan by die Haaie afgesluit. Hy kry binnekort sy salaris van Sale Sharks nadat hy ’n driejaarkontrak met hulle gesluit het. Onsekerheid bestaan egter nog oor hul pa, Robert du Preez, se toekoms as hoofafrigter van die Haaie. Sy kontrak verstryk eers amptelik ná volgende jaar se Superreeks.

Die Haaie het intussen planne begin maak om spelers soos Beast Mtawarira, Jacques Vermeulen (Exeter Chiefs) en Philip van der Walt (Newcastle Falcons) te vervang.

Die onderskatte Henco Venter van die Cheetahs is in gevorderde gesprekke met die Haaie. Hy het nog tot einde Oktober ’n kontrak met die Cheetahs, maar die kanse lyk baie gunstig dat hy weer van volgende jaar af Superrugby sal speel.

Die Kings-flank Andile Ntsila oefen van môre af vir ’n proeftydperk saam met die Haaie, terwyl James Venter, ’n oudleerling van Glenwood High School, wil terugkeer huis toe. James is tans by die Leeus gekontrakteer.

Onsekerheid bestaan nog of Mtawarira wel volgende jaar vir die Haaie beskikbaar is. Die moontlikheid bestaan dat hy oorsee sal speel of selfs kan uittree.

Die Haaie beskou die Cheetahs se Ox Nche as sy logiese opvolger.

Meer oor:  Haaie  |  Springbokke  |  Sale Sharks  |  Dan Du Preez  |  Jean-Luc Du Preez  |  Kontrakte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.