Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie se Everitt trek Penxe-hulle nader
Yaw Penxe is terug in die Haaie se span vir hul Curriebeker-kragmeting met Griekwas in Durban. Foto: Gallo Images

Die Haaie het twee spelers wat lid was van die uitgebreide Springbok-groep in hul beginspan gekies vir hul Curriebeker-kragmeting Saterdag met Griekwas in Durban.

Die skrumskakel Sanele Nohamba begin in die nr. 9-trui en die vleuel Yaw Penxe op nr. 14. Albei dié spelers het in die SA A-span se wedstryd teen die Bulle gespeel, maar is daarna vrygestel om hulle weer by die Haaie aan te sluit.

Nohamba begin in Grant Williams se plek, terwyl Jaden Hendrikse op die plaasvervangersbank sit nadat hy sy skorsing uitgedien het vir ’n rooi kaart wat hy in die Haaie se tweede wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus gekry het.

Sean Everitt, die Haaie se afrigter, het een ander skuif aan sy beginspan gemaak wat verlede week die Vrystaat-Cheetahs geklop het. Murray Koster skuif van vleuel na binnesenter in die beseerde Marius Louw se plek.

Stefan Willemse bemeester in November tydens ’n kragmeting in die Superrugby Unlocked-reeks teen die Stormers in Kimberley ’n lynstaanbal vir Griekwas. Foto: Gallo Images

Intussen het Scott Mathie slegs twee veranderinge aan die beginspan gemaak wat verlede week met die Leeus afgereken het, berig Marnus Kok.

Sibabalo Qoma sal die nr. 7-trui dra in die plek van Hanru Sirgel, wat na die plaasvervangersbank toe skuif. In die ander verandering sal Stefan Willemse Adré Smith se slotmaat wees.

Willemse, beter bekend as ’n losvoorspeler, neem die plek van Cameron Lindsay. Lindsay skuif na die plaasvervangersbank.

Haaie: Anthony Volmink, Yaw Penxe, Werner Kok, Murray Koster, Thaakir Abrahams, Curwin Bosch, Sanele Nohamba, Phepsi Buthelezi (k), Mpilo Gumede, James Venter, Reniel Hugo, Le Roux Roets, Lourens Adriaanse, Kerron van Vuuren, Ntuthuko Mchunu. PLAASVERVANGERS: Dan Jooste, Mzamo Majola, Wiehahn Herbst, Thembelani Bholi, Henco Venter, Jaden Hendrikse, Lionel Cronjé, Jeremy Ward.

Griekwas: Ashlon Davids, Daniel Kasende, Jay-Cee Nel, Johnathan Francke, Eduan Keyter, George Whitehead, Stefan Ungerer, Ruan Steenkamp (k), Sibabalo Qoma, Gideon van der Merwe, Stefan Willemse, Adre Smith, Janu Botha, Janco Uys, Mox Mxoli. PLAASVERVANGERS (uit): HJ Luus, Andrew Kuhn, Andries Schutte, Cameron Lindsay, Hanru Sirgel, Raegan Oranje, Tinus de Beer, Ederies Arendse, Tijde Visser, Luyolo Dapula, Theo Boshoff.

Meer oor:  Haaie  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.