Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie ‘sielkundig nie reg ingestel’
Sean Everitt, die hoofafrigter van die Haaie. Foto: Gallo Images

Die Haaie “wil nie weer so voel” soos wat die geval ná hul Curriebeker-nederlaag met 27-37 Saterdag teen Griekwas in Durban was nie.

“Dis ongelooflik teleurstellend, want ons was by die huis. Ons het so uitgesien daarna om by die huis te speel, want ’n hele paar van ons tuiswedstryde is afgelas,” het Sean Everitt, die span se breier, ná die tyd gesê.

Griekwas het vyf geel kaarte gekry en laat in die wedstryd selfs met 12 spelers gespeel, maar die Haaie kon nie daaruit munt slaan nie.

Sport kan wreed wees. Die een week kry jy vyf punte in Bloemfontein (teen die Vrystaat-Cheetahs) en die volgende week verloor jy by die huis.
Sean Everitt

“Dit is maar die aard van die spel. Sport kan wreed wees. Die een week kry jy vyf punte in Bloemfontein (teen die Vrystaat-Cheetahs) en die volgende week verloor jy by die huis,” sê hy.

“Ons het verskeie geleenthede geskep, maar kon dit nie afrond nie. Verlede week het ons nie soveel kanse gehad nie, maar dit wel gevat.

“Ons moet na onsself gaan kyk, dalk na ons sielkundige ingesteldheid. Ons kan nie toelaat dat die teenstanders vyf geel kaarte kry en dit dan nie uitbuit nie.”

Hy was veral knorrig oor sy agttal se vertoning in die loopgrawe.

Griekwas se Sibabalo Qoma beur oor die Haaie se doellyn. Foto: Gallo Images

“Ons kon nie oorheers in die vaste fasette toe ons meer spelers as hulle op die veld gehad het nie. Dit was teleurstellend.

“Ons het ’n paar kanse gehad om te rolmaal, maar ons kon dit nie benut nie. Ons het gesukkel in die skrums. Ons vaste fasette is steeds ’n kwelpunt, al is dit reeds beter as wat dit verlede jaar was.”

Die span het ook nie baie tyd om sy wonde te lek nie.

“Ons het ’n kort week volgende week. Ons speel teen die Bulle Vrydag en daarna Woensdag teen die Pumas. Ons moet kyk wat ons hieruit kan leer en so gou as moontlik terugslaan.”

Meer oor:  Sean Everitt  |  Kimberley  |  Haaie  |  Afrigter  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.