Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie skop CB-veldtog teen GW af

Die Haaie begin die verdediging van hul Curriebeker-rugbytitel vanjaar teen Griekwas in Durban.

Die Westelike Provinsie se Scarra Ntubeni sit af op ’n lopie teen die Haaie in die Curriebeker-eindstryd in 2018 op Nuweland. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het die bepalings Woensdag amptelik bevestig.

Die sewe spanne in die Premierliga sal elkeen een keer teen elk van die ander spanne speel, met die boonste vier wat tot die halfeindronde sal deurdring.

Die eindstryd word op 7 September beslis, minder as twee weke voordat die Wêreldbeker-toernooi op 20 September in Japan begin.

Die KwaZulu-Natallers en die Poubloues is op Vrydag 12 Julie slaags. Die Goue Leeus en die Pumas, wat net-net ’n plek in die uitspeelrondes in 2018 misgeloop het, is dié Saterdag in Johannesburg slaags.

Die Westelike Provinsie, wat in 2018 in die eindstryd vasgeval het, speel gasheer vir die Blou Bulle.

Die Vrystaat-Cheetahs, wat segeloos in 2018 was, het die eerste naweek ’n loslootjie. Hulle kom die volgende naweek teen die Blou Bulle in Pretoria te staan.

Een van die wedstryde in die reeks word op ’n Sondag gespeel, wanneer die Goue Leeus en Haaie op 18 Augustus in Johannesburg kragte meet.

Die Eerste Liga, waaraan agt spanne deelneem, begin reeds die eerste naweek in Julie.

Die eerste wedstryd van dié reeks is ’n herhaling van 2018 se eindstryd. Die kampioen, die Suid-Westelike Distrikte, kom teen 2018 se finalis, die Valke, aan die Oos-Rand te staan.

’n Argentynse Jaguares XV-tal sal ook aan die reeks deelneem en Potchefstroom as basis gebruik.

Grens, wat onlangs onder administrasie geplaas is, neem wel aan die kompetisie deelneem nadat die Namibiese XV-tal onttrek het.

Dit is nie die eerste keer wees dat ’n Argentynse span aan Suid-Afrikaanse reekse deelneem nie.

In die onlangse verlede het die Pampas XV-tal (2010 tot 2013) is die destydse Vodacombeker-reeks deelgeneem.

Toe die Argentyne dié reeks in 2011 gewen het, was hul basis ook in Potchefstroom.

  • 19:15: Haaie t. Griekwas; 13de – 15:00: Goue Leeus t. Pumas, 17:15: Westelike Provinsie t. Blou Bulle; 19de – 17:00: Griekwas t. Pumas, 19:15: Blou Bulle t. Vrystaat-Cheetahs; 20ste – 14:00: Haaie t. WP; 26ste – 19:15: Pumas t. Blou Bulle; 27 Julie – 15:00: Vrystaat-Cheetahs t. Griekwas, 17:15: WP t. Goue Leeus; 2 Augustus – 19:15: Vrystaat-Cheetahs t. Goue Leeus; 3de – 15:00: Pumas t. Haaie; 17:15: Blou Bulle t. Griekwas; 9de – 15:00: WP t. Pumas; 10d – 15:00: Haaie t. Vrystaat-Cheetahs; 17:15: Goue Leeus t. Blou Bulle; 16de – 19:00:Griekwas t. WP; 17de – 14:00: Pumas t. Vrystaat-Cheetahs; 18de – 14:00: Goue Leeus t. Haaie; 24ste – 15:00: Griekwas t. Goue Leeus; 17:15: Vrystaat-Cheetahs t. WP; 19:30: Blou Bulle t. Haaie; 31ste – Halfeindrondes. 7 September – Eindstryd.
  • Valke t. SWD, Luiperds t. Oostelike Provinsie, Griffons t. Jaguares XV, Boland t. Grens. 12de en 13de: SWD t. Luiperds, Jaguares XV t. Boland, OP t. Griffons, Grens t. Valke. 19de en 20ste: Luiperds t. Valke, Griffons t. SWD, Boland t. OP, Grens t. Jaguares XV. 26ste en 27ste: SWD t. Boland, Valke t. Griffons, Luiperds t. Grens, OP t. Jaguares XV. 2 en 3 Augustus: Griffons t. Luiperds, Boland t. Valke, Jaguares XV t. SWD, Grens t. OP. 9de en 10de: SWD t. OP, Valke t. Jaguares XV, Luiperds t. Boland, Griffons t. Grens. 16de en 17de: Boland t. Griffons, Jaguares XV t. Luiperds, OP t. Valke, Grens t. SWD. 23ste en 24ste: Halfeindstryde. 30ste: Eindstryd.
Meer oor:  Curriebeker-Reeks  |  Haaie  |  Durban  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.