
Jordan Chait in ’n oefensessie van die Haaie in Durban. Foto: Gallo Images
Die voormalige Maties-losskakel Jordan Chait sal die Haaie se nr. 10-trui dra wanneer die KwaZulu-Natallers en die Vrystaat-Cheetahs Woensdag slaags is.
Chait (24), ’n oudleerling van Sacs in Kaapstad, is die vernaamste verandering aan die Haaie se span wat net meer as ’n week gelede met Griekwas afgereken het.
Die Durbaniete en die Cheetahs pak mekaar in voorbereidingsreeks in Bloemfontein.
Chait vervang Manie Libbok, terwyl die voormalige Junior Bok Thaakir Abrahams die nr. 14-trui by Werner Kok sal oorneem.
Voorlangs is die enigste verandering John-Hubert Meyer wat in die plek van Michael Kumbirai op vaskopstut sal sak.
Die Haaie se span is:
Aphelele Fassi, Thaakir Abrahams, Jeremy Ward (k), Murray Koster, Anthony Volmink, Jordan Chait, Grant Williams, Phepsi Buthelezi, Thembelani Bholi, James Venter, Hyron Andrews, JJ van der Mescht, John-Hubert Meyer, Kerron van Vuuren, Khwezi Mona. PLAASVERVANGERS: Fez Mbatha, Ntuthuko Mchunu, Michael Kumbirai, Reniel Hugo, Mpilo Gumede, Jaden Hendrikse, Manie Libbok, Werner Kok.