Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie stel skrumskakel Schreuder vry
Louis Schreuder

Die Haaie en een van hul voormalige kapteins, Louis Schreuder, se paaie het geskei.

Sy kontrak sou einde vanjaar verstryk, maar die Haaie en Schreuder het ooreengekom dat hy nou ’n uitbetaling ontvang wat hom kans gee om elders ’n heenkome te vind.

Die spelers self het hom verlede jaar as hul Super-kaptein gekies nadat hy ook die Durbaniete aangevoer het in 2018 se Curriebekereindstryd op Nuweland, toe die Haaie die WP met 17-12 geklop het.

Die prentjie het egter die afgelope tyd verander met skrumskakels soos Sanele Nohamba en Jaden Hendrikse wat sterk op die voorgrond getree het.

In hul teenwoordigheid sou Schreuder vorentoe min speelkans in Durban kry.

Die 30-jarige Schreuder, wat in 2017 in een Springbok-toets gespeel het, speel al van 2017 vir die Haaie nadat hy hom van die Southern Kings by hulle aangesluit het.

Meer oor:  Haaie  |  Louis Schreuder  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.