Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie toon groot vertroue in Everitt

Sean Everitt is die regte man om die Haaie in ’n nuwe tydvak in Suid-Afrikaanse rugby te lei.

Dis die afleiding wat gemaak kan word nadat dié franchise die naweek op Twitter aangekondig het dat Everitt se kontrak as hoofafrigter tot 2024 verleng is.

Sean Everitt gaan nog lank aan die hoof van die Haaie se afrigting staan. Foto: Gallo Images

Die Haaie, saam met die Bulle, Leeus en Stormers, sal eersdaags hul eerste treë in die onbekende gee wanneer hulle die beste klubspanne van Ierland, Wallis, Skotland en Italië in die Reënboogbeker-kompetisie gaan pak. Dié reeks sal die voorloper wees tot die SA franchises se amptelike toetrede tot die Pro16-reeks, wat aan die begin van die Noordelike Halfrond se volgende seisoen afskop.

Everitt, wat al sedert 2008 by die Haaie betrokke is en verskeie van die unie se junior spanne afgerig het, is in 2019 as die Haaie se Curriebeker-breier aangestel.

Die Haaie het toe in die halfeindronde teen die uiteindelike kampioenspan, die Cheetahs, vasgeval.

In 2020 het hy ook die leisels van die Durbaniete se Superrugby-span geneem en ná die eerste ses weke van die kompetisie was die Haaie die pasaangeërs.

Covid-19 het egter toe ’n stokkie voor sport wêreldwyd gesteek en die Haaie se vroeë momentum het ná die maande lange onderbreking weens die pandemie en die verlies van ’n klompie spelers verlore gegaan.

Die Haaie het egter geleidelik weer hul spelpeil verbeter en het uiteindelik in Januarie in ’n uiters spannende Curriebeker-eindstryd teen die Bulle verloor.

Everitt se kontrak-verlenging dui ook daarop dat hy die ondersteuning van MVM geniet. Dié Amerikaanse konsortium het vroeër vanjaar die beherende aandeel in die Haaie se franchise bekom.

As deel van die plan om seker te maak dat die Haaie se tande skerp gaan wees wanneer hulle teen van Europa se sterkste klubs, soos Leinster en Munster in Ierland, gaan meeding, het dié span ook die dienste van Allan Temple-Jones bekom.

Temple-Jones was vroeër jare die Blitsbokke se krag- en kondisioneringsafrigter, voordat hy in ’n soortgelyke hoedanigheid by Ierland se sewesprogram aangestel is.

Hy sal in Durban die “hoof van atletiese prestasie” wees.

Die Haaie se volgende wedstryd in die huidige voorbereidingsreeks is Woensdagaand teen die Cheetahs in Bloemfontein. Die KwaZulu-Natallers het Griekwas in hul eerste wedstryd van dié reeks met 35-10 geklop. – Sportredaksie

Meer oor:  Sean Everitt  |  Bulle  |  Superrugby  |  Curriebeker-Reeks  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.