Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie trap Leeus se tjank af

Die Haaie het Sondagmiddag met 30-28 deurgeskraap teen die Leeus in hul Curriebeker-wedstryd op Ellispark.

Daarmee hou die Durbaniete hul aanspraak om die halfeindronde te haal en verloor die Leeus nog momentum om ’n tuishalfeindstryd te kon beding.

Jeremy Ward druk een van sy twee drieë vir die Haaie. Foto: Gallo Images

Die Leeus moes oudergewoonte terugveg, maar kon nie die kastaiings uit die vuur krap nie.

Die Leeus het die rariteit beleef deur vroeg voor te loop, met die losskakel, Shaun Reynolds, wat in die eerste paar minute gedruk het met die tuisspan wat sterk aangeval het.

Dit het egter nie lank geduur nie en die Durbaniete het hard teruggeslaan en drieë deur Jeremy Ward en die besige klein skrumskakel, Sanele Nohamba, het die gang van sake verander met die Haaie wat met 17-7 voorgeloop het.

Die besoekers het hul voorsprong van 20-10 met rustyd verdien, deurdat hulle sake oorheers het en ook veel meer doelgerig as die Leeus was, wat dikwels nie die voordeellyn kon oorsteek nie en ook talle hanteerfoute begaan het.

Die fisiekheid van die Haaie-agttal het die Leeus telkens gestuit en met ‘n muur van verdedigers voor hulle, was hulle aan die verbeeldinglose kant.

Nog ’n rariteit was die skepdoel van die groentjie-losskakel, Boeta Chamberlain. Skepdoele is nie juis iets wat jy deesdae meer in Suid-Afrikaanse rugby sien nie en hy het sy eerste punte op hierdie vlak behaal met ‘n koelkop-poging van naby die tientreelyn.

Die Leeus het egter teruggeveg in die tweede helfte met drieë deur Tyrone Green en nog een deur Reynolds.

Met net minder as 20 minute se speeltyd oor was die telling 23-elk en was hierdie kragmeting in die smeltkroes.

Die skaal het egter weer met tien minute oor in die Haaie se guns geswaai toe Ward sy tweede drie gedruk het ná ‘n slim steekskoppie van die plaasvervanger Rhyno Smith.

Puntemakers:

Leeus 28 (10):

Drieë: Shaun Reynolds (2), Tyrone Green, Marnus Schoeman. Doelskop: Reynolds. Strafdoele: Reynolds (2).

Haaie 30 (20): Drieë: Jeremy Ward (2), Sanele Nohamba. Doelskoppe: Nohamba (2), Rhyno Smith. Strafdoel: Nohamba (2). Skepdoel: Boeta Chamberlain.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Leeus  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.