Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie wen toutrekkery met Stormers
Bongi Mbonambi se kontrak by die WP verstryk in Oktober. Foto: Gallo Images

Bongi Mbonambi het besluit hy word ’n Haai.

Twee ingeligtes na aan die vuur het aan Rapport bevestig dat hy hom by Siya Kolisi in Durban sal aansluit sodra sy kontrak in Oktober by die Westelike Provinsie verstryk.

Die Springbok-haker kan soos Kolisi en Cheslin Kolbe nog een van die internasionale sportagentskap Roc Nation se kliënte word, wat sy besluit finaal in die guns van die Haaie geswaai het.

Michael Yormark, president van Roc Nation, is in die stal van die Amerikaanse konsortium MVM Holdings, wat aandeelhouers by die Haaie is.

Die Haaie het in Fez Mbatha, Daylan Richardson en Kerron van Vuuren goeie hakers, maar Mbonambi het meer ervaring.

Hy het ook in 2019 se Wêreldbekertoernooi in Japan gewys dat hy ’n speler vir die groot verhoog is. Mbonambi sal later vanjaar groot waarde vir sy span in die Pro16-reeks toevoeg waar ervaring belangrik sal wees.

John Dobson, afrigter van die Stormers en die WP, het die week op ’n nuuskonferensie die hoop uitgespreek dat hulle Mbonambi en Pieter-Steph du Toit nog kan oortuig om hul kontrakte tot ná Oktober te verleng. Hy het bygevoeg dat hulle nie onkant gevang sal word as Mbonambi-hulle skuif nie.

Op haker is die WP se Plan B gebou om die Bok Scarra Ntubeni, wat onlangs sy kontrak met die WP verleng het. Chad Solomon is ook al geruime tyd deel van die Stormers se groep, terwyl daar hoë verwagtinge van André-Hugo Venter en JJ Kotzé in die Kaap gekoester word.

Venter speel vir die Maties in die Varsitybekerreeks en het die afgelope tyd saam met die Stormers en die Junior Bokke geoefen. Kotzé is soos Solomon al ’n ruk deel van Dobson se senior groep.

Du Toit het nog nie ’n aankondiging oor sy loopbaan gemaak nie, maar die Japanse klubspan Toyota Verblitz was tot onlangs in die binnebaan om hom te kontrakteer.

Du Toit het vroeër nee vir minstens drie aanbiedinge van die Ierse klubspan Munster gesê.

Die Ierse klubspan het selfs ­sakeondernemings betrek om aanloklike aanbiedinge aan Du Toit te kon maak, wat hy nie aanvaar het nie.

Meer oor:  Bongi Mbonambi  |  Kontrakte  |  Haaie  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.