Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie wil die Grens-rugby 'koop'

Die magdom talent in die Grens-rugbystreek sal uiteindelik behoorlik ontwikkel kan word as ’n ambisieuse plan deur die Haaie en sy beleggers ’n werklikheid word.

Rapport het verneem die Haaie het ’n amptelike versoek aan SA Rugby gerig om ’n beherende aandeel in die Grens Rugbyunie te koop.

Die transaksie, wat die eerste in sy soort in Suid-Afrika sal wees, word gedryf deur die Haaie se vennote, wat die Amerikaanse konsortium MVM Holdings insluit.

MVM het verlede maand ’n beherende aandeel in die Haaie gekoop nadat onderhandelinge by die WP niks opgelewer het nie.

Sommige lede van die konsortium, wat groot in die Haaie belê het, kom van die Oos-Kaap af en wil blykbaar hê rugby daar moet behoorlik herleef.

Grens is tans onder administrasie nadat hy twee jaar gelede bankrot verklaar is – vir die tweede keer in vyf jaar.

Net amateurrugby word op die oomblik in dié streek bedryf.

Ten spyte van die baie talent in die streek. het swak administrasie en die vermorsing van geld Grens tot op sy knieë gedwing.

Lukhanyo Am Foto: Gallo Images

Sy provinsiale span het in 2019 in die Eersteliga gespeel danksy ’n toelae van die OosKaapse provinsiale regering, maar dié borgskap is sedertdien opgeskort.

Die span het boonop verlede jaar weens Covid-19 geen rugby gespeel nie.

Maar daar skuil groot talent in Oos-Kaapse klubs en die Haaie sal veral baie baat kan vind by so ’n belegging omdat hy dan eerste in die tou sal staan om uit talentvolle nuwelinge uit die streek te kan kies.

Rapport verneem egter die moontlike belegging het veel meer ten doel, onder meer om professionele rugby in die gebied weer te laat herleef.

Vir SA Rugby kan dit ook ’n groot probleem oplos, omdat hy die unie al twee jaar lank bestuur in ’n poging om rugby spesifiek in dié streek aan die gang te hou.

Daar word oorweeg om Wêreldbekerhelde soos Lukhanyo Am, Siya Kolisi en Makazole Mapimpi te gebruik om die projek aan te voor.

Am en Mapimpi is afkomstig van dié streek en is goeie voorbeelde van die talent wat daar kan gevind kan word.

Meer oor:  Haaie  |  Mvm Holdings  |  Sa Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.