Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haaie wil Pumas met ‘Du Toit’-plan troef
Hy het die Pumas in sy visier . . . JJ van der Mescht by ’n Haaie-oefening. Foto: Gallo Images

Toe die Bokke meer spierkrag wou hê, het hulle vir Pieter-Steph du Toit van slot na flank geskuif.

Nou hoop die Haaie hul eie “Pieter-Steph”-plan werp Vrydagaand in Durban vrugte teen die Pumas af.

Die slot JJ van der Mescht (21) sal vir die eerste keer in sy beroepsloopbaan in die nr. 7-trui uitdraf in die Haaie se eerste Curriebeker-wedstryd vanjaar.

“Ons het uiteraard ’n paar probleme (met koronavirusgevalle) gehad die laaste paar weke, so ons moes die agttal effens aanpas,” sê Sean Everitt, die Haaie se afrigter.

Ons sien JJ steeds as ’n slot, so hierdie is net ’n proefneming.
Sean Everitt

“Dit gee vir ons ’n geleentheid om vir JJ aan die kant van die skrum te toets. Hy is vaardig en het genoeg vaart om die rol van ’n steelkantflank te vervul.”

Terwyl Du Toit sedert sy skuif een van die bestes ter wêreld geword het en nou voltyds ’n flank is, wil die Haaie die kat eers goed uit die boom kyk voor ’n besluit oor Van der Mescht se toekoms geneem word.

“Ons sien JJ steeds as ’n slot, so hierdie is net ’n proefneming. As dit goed gaan, dan is dit uiteraard iets wat ons weer kan oorweeg,” sê Everitt.

Thomas du Toit is weer fiks en sal die Haaie meer slaankrag in die vaste skrums gee. Foto: Gallo Images

“Volgende jaar speel ons ook in die Pro16-reeks, waar die wedstryde baie meer fisiek is en jy staatmaak op die vaste fasette. Dan sal ’n speler soos hy waardevol op nr. 7 wees, maar ons sal eers kyk hoe dit Vrydagaand gaan.”

Die Haaie gaan die Pumas met ’n verwoede voorspeler-aanslag tref. Everitt glo hulle sal in die vaste fasette ook weer sterk en bestendig wees.

“Dis baie goed dat Thomas du Toit (vaskopstut) terug is. Ons het gesukkel in ons vaste fasette sonder hom. Hoewel die ander ouens gegroei het in hul rolle, is dit goed om ’n Springbok terug te kry.”

Hulle moet hulself egter staal vir ’n stryd by die afbreekpunte, want die Pumas vaar betreklik goed in daardie afdeling.

“Ons het gewerk aan die afbreekpunte, maar as jy met die bal in die hand wil speel, gaan daar geleenthede vir die teenstanders by die afbreekpunte wees.”

Haaie: Manie Libbok, Yaw Penxe, Jeremy Ward (k), Marius Louw, Madosh Tambwe, Curwin Bosch, Sanele Nohamba, Thembelani Bholi, JJ van der Mescht, Dylan Richardson, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Dan Jooste, Khwezi Mona, Hanro Jacobs, Zain Davids, Sikhumbuzo Notshe, Cameron Wright, Werner Kok, Sbu Nkosi.

Pumas: Devon Williams, Morné Joubert, Erich Cronjé, Ali Mgijima, Etienne Taljaard, Fiela Boshoff, Ginter Smuts, Francois Kleinhans, Phumzile Maqondwana, Daniel Maartens, Pieter Jansen van Vuren (k), Darrien Landsberg, Ruan Kramer, HP van Schoor, Liam Hendricks. PLAASVERVANGERS: Marko Janse van Rensburg, Wikus Groenewald, Brandon Valentyn, Heath Backhouse, Chriswill September, Wayne van der Bank, Tapiwa Mafura, Dewald Maritz.

• Skeidsregter: Rasta Rasivhenge

Assistent-skeidsregters: Cwengile Jadezweni en Paul Mente

TV-skeidsregter: Marius Jonker

TV: 19:00 op SS Rugby (211).

Meer oor:  Durban  |  Pumas  |  Sean Everitt  |  Curriebeker  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.