Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haastige Obi groet Kings óók
Luther Obi

Die voormalige Suid-Afrikaanse o.20-vleuel Luther Obi is die jongste speler wat sy rug op die beleërde OP-Kings gedraai het.

Obi het die Kings Vrydagaand ingelig dat hy voortaan by die Blou Bulle gaan speel nadat Tim Whitehead, Tim Agaba en Lizo Gqoboka ook húl kontrakte weens die voortslepende geld­krisis in Port Elizabeth gekanselleer het.

Gqoboka gaan ook Bulle toe, terwyl Agaba môre sal besluit of hy Loftus Versfeld sy nuwe tuiste maak en of hy hom by die Leeus in Johannesburg gaan ­aansluit.

Whitehead, die Kings se kaptein, het nog nie elders ’n heenkome nie.

Rapport verneem dat nóg sterre van die Baai – insluitend die stut Tom Botha en flank Tembelani Bohli – óók binnekort hul tasse sal pak.

“Almal kyk rond. Daar is dié wat besig is om te onderhandel en net stilbly en ander wat nie weet wat om te doen nie. Dis regtig moeilik vir spelers,” sê een agent aan Rapport.

Volgens Xander Janse van Rensburg, die Bulle se hoëprestasiebestuurder, is dié unie “verheug” om Obi en Gqoboka in die Jakarandastad te verwelkom.

“Luther is ’n ou wat ons lank reeds jag – reeds voordat hy verlede jaar van die Luiperds na die Kings geskuif het,” het Van Rensburg by navraag gesê.

“Ons slaan hom hoog aan en glo hy is ’n ster vir die toekoms. As jy na ons groep kyk, het ons op junior vlak nie te veel diepte op vleuel nie en ons glo hy sal dié leemte vul.

“Lizo het ongelooflik baie potensiaal en ons is opgewonde om dié twee nou by ons te hê.”

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.