Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Habana glo Jaguares kan ‘Saders stuit
Die Jaguares se spel verskaf die Springbok-legende Bryan Habana vanjaar intense oomblikkies van genot.Foto: Gallo Images

As die Jaguares daarin kan slaag om die Crusaders in Saterdag se Superrugby-eindstryd te klop, sal dit nie net vir hom ’n persoonlike hoogtepunt wees nie, maar ook ’n groot positiewe inspuiting vir die spel van rugby, sê die Springbok-legende Bryan Habana.

“Dit sal skouspelagtig wees as die Jaguares weg van hul huis, en spesifiek in Christchurch, teen die beste Super-span nóg kan wen,” sê die oud-vleuel.

Habana gaan die kragmeting bywoon as gasheer vir die Vodacom Red Final Tour, waarin hy ’n groep Vodacom Red-pryswenner-kliënte vergesel.

“ ’n Oorwinning vir die Jaguares sal op ’n globale skaal reusagtig vir rugby wees. Dit sal wees soos toe die Bulle die Super-reeks in 2007 vir die eerste keer gewen het,” sê Habana.

’n Oorwinning vir die Jaguares sal op ’n globale skaal reusagtig vir rugby wees. Dit sal wees soos toe die Bulle die Super-reeks in 2007 vir die eerste keer gewen het.
Bryan Habana

“Ek dink die sukses wat die Jaguares die laaste paar jaar in die reeks behaal het, is briljant vir die toernooi.

“Veral hierdie jaar waarin hulle die Suid-Afrikaanse konferensie gewen het, ’n tuishalfeind verseker het en toe die Brumbies behoorlik afgeransel het in daardie wedstryd.

“Hulle doen dit boonop met ’n tipe rugby wat almal baie opgewonde maak.”

En hoewel die Jaguares teen die span te staan kom wat Super-rugby al vir so lank oorheers, glo Habana die eindstryd kan meer mededingend wees as wat baie mense verwag.

“Hulle kom teen ’n Crusaders-span te staan wat volgens baie mense gelukkig was om die eindstryd te haal nadat die Hurricanes hulle so in die tweede helfte van hul halfeindstryd opgedreun het,” sê Habana.

Die Jaguares vier fees nadat hulle in die reeks met die gedugte Hurricanes op hul tuisveld in Wellington afgereken het. Foto: Getty Images

“Dan, as jy kyk na die Jaguares se geskiedenis en hul vertonings op toer, sal jy sien dat hulle die toerspan geword het wat die meeste sukses in Australasië behaal.”

Habana sê die Jaguares het “agtergekom wat vir hulle werk” en hulle doen dit effektief op die veld.

“En dis dalk die lekkerste om te sien, dat hulle nie bang is om hul spesifieke vaardighede te gebruik nie.”

Volgens hom bring die Jaguares ’n “individualistiese styl wat uniek is aan Argentynse rugby” na die veld.

“Ek dink dit voorspel iets goed vir hulle vir die eindstryd en beslis ook vir die Wêreldbeker-toernooi,” sê Habana. – Michael Vlismas Media

Meer oor:  Bryan Habana  |  Christchurch  |  Eindstryd  |  Springbok Coach  |  Crusaders  |  Superruby  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.