Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Siya kan groter impak as Madiba hê'

As Siya Kolisi later vanjaar in Japan die Webb Ellis-trofee omhoog kan hou, sal dit ’n groter impak op Suid-Afrika hê as toe oudpres. Nelson Mandela in 1995 die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Suid-Afrika as ’n instrument van nasiebou gebruik het.

Dit sal ’n enorme oomblik vir nasiebou wees as Siya Kolisi die Springbokke tot Wêreldbeker-glorie kan help voer, sê Bryan Habana. Foto: Gallo Images

Bryan Habana, die voormalige Springbok-vleuel, het Donderdag dié stelling in ’n onderhoud met die Britse koerant The Guardian gemaak.

“Ek ken Siya se persoonlike geskiedenis. Sy ouma het hom grootgemaak, hy het niks gehad nie en toe kry hy ’n geleentheid,” sê Habana, wat in 2007 se WB-toernooi in Frankryk as Wêreldrugby se Speler van die Jaar aangewys was.

“Vir my gaan dit vernaamlik daaroor dat hy op verdienste gekies het. Hy is danksy sy leierseienskappe as Bok-kaptein aangestel en hy gedy in daardie verantwoordelikheid.”

Habana sê dit het, soos in 1995, die hartsnare geroer toe Kolisi verlede jaar as Bok-kaptein op die veld gedraf het.

“As Suid-Afrika met Siya as kaptein die Wêreldbeker wen, sal dit ’n kolossale gebeurtenis wees,” sê hy.

“Dit sal vir 70% van ons bevolking ongelooflik belangrik wees om daardie voorbeeld te hê – net soveel soos Mandela in ’95, indien nie groter nie. Dit sal geskiedkundig wees.”

Kolisi is verlede jaar as die Springbokke se eerste swart toetskaptein aangestel. – Sportredaksie

Meer oor:  Nelson  |  Springbokke  |  Siya Kolisi  |  Wêreldbeker-Rugby  |  Mandela
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.