Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Haker heet ‘prostituut’ in artikel-flater

Weens ’n yslike fout in ’n opskrif deur ’n Amerikaanse nuuswebwerf is die Engelse klubspan Leicester Tigers se haker en kaptein, Tom Youngs, as ’n “prostituut” beskryf.

’n Skermgreep van Insider Voice se liederlike flater.

Independent berig Insider Voice het die verkeerde selfstandige naamwoord gekies om die rugbyspeler se posisie aan te dui en die volgende opskrif gepubliseer: “Tom Youngs: Leicester Tigers-prostituut aangekla deur RFU ná Bristol-voorval.”

Die artikel handel oor die voormalige Britse en Ierse Leeus-speler wat uitgewys is nadat hy “die outoriteit geminag het” van die skeidsregter Ian Tempest in die chaotiese einde van die Tigers se nederlaag teen Bristol.

Dit is egter nie die eerste keer vandeesmaand wat die webblad die haker-posisie in ’n opskrif verkeerd beskryf nie.

Toe Bath se Ross Batty sowat twee weke gelede sy uittrede aankondig het, het Insider Voice die woord “hoer” in plaas van haker gebruik.

Tot dusver is nie een van die opskrifte gekorrigeer nie, al het die Batty-artikel op 1 Junie verskyn en die Youngs-artikel Vrydag.

Die Youngs-artikel is wyd op sosiale media versprei deur onder andere Angry People in Local Newspapers, wat 30 000 volgelinge op Twitter het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Haker  |  Leicester Tigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.