Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Halfeindronde uit Wêreldliga-plan gesny

Die kwessie van spelerwelsyn het Wêreldrugby genoop om die halfeindronde uit sy voorgestelde struktuur vir ’n “Nasiesbeker-kampioenskap” te verwyder.

Bill Beaumont. Foto: Getty Images

Volgens dié plan sal die wêreld se voorste 12 spanne oor die gang van die seisoen almal een keer teen mekaar speel. Dit sal nie in Wêreldbeker-jare gespeel word nie.

Die oorspronklike plan was vir ’n halfeindronde en dán ’n eindstryd, maar dit het ’n stortvloed kritiek ontketen omdat dit sou beteken dat spanne tot vyf toetse in November moes speel.

Wêreldrugby het ná ’n vergadering van lidlande in Dublin Donderdag ’n nuwe deuntjie gesing.

Daar is ook in sy nuusverklaring gesê dat daar drie afdelings sal wees – met ’n stelsel van promosie en relegasie om kleiner nasies die geleentheid op vordering te bied.

“Ons is bly dat die hersiene weergawes van die toernooi-formaat en sterk finansiële model goed ontvang is. Almal, nie net die gevestigde nasies nie, sal voordeel daaruit put. Dit sal die groei van die spel versnel en vinniger vir meer mededinging sorg,” sê Wêreldrugby se voorsitter, Bill Beaumont.

“Nie almal stem saam oor die pad vorentoe nie, insluitend oor die kwessie van promosie en relegasie, maar ons sal aanhou praat en raadpleeg.”

Indien die Nasies-kampioenskap voortgaan, sal Wêreldrugby hom tot ’n kontrak van 12 jaar verbind, met die sportbemarkings-maatskappy Infront wat £5 miljard (R96 miljard) oor daardie tydperk in die spel sal belê.

Jurie Roux. Foto: Getty Images

Die sakemodel sluit media- en bemarkingsregte in, maar nie eienaarskap van die kompetisie nie. Lidlande, die huidige internasionale kompetisies se beheerliggame en Wêreldrugby sal dus volle beheer hê oor hoe die inkomstekoek gesny word.

Agustin Pichot, Wêreldrugby se ondervoorsitter, meen rugby is by ’n “belangrike punt” in sy geskiedenis.

“Ons het ’n geleentheid om die landskap van die spel tot langtermynvoordeel van al die lande te verander,” sê hy.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se president, Mark Alexander, en uitvoerende hoof, Jurie Roux, het die vergadering bygewoon. Daar gaan nou terugvoer aan die provinsies gegee word.

“Dit kan nuwe en moontlik winsgewende geleenthede vir die sport skep. Daar moet egter nog noulettendheidsondersoeke gedoen en vrae beantwoord word,” sê Roux in ’n nuusverklaring.

Saru gaan ook met die land se spelersvereniging, MyPlayers, in gesprek tree oor die pad vorentoe.

Meer oor:  Bill Beaumont  |  Wêreldliga  |  Jurie Roux  |  Wêreldrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.