Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Handskud, drukkies en spoeg taboe

Moenie handskud, drukkies uitdeel, ’n kleedkamer deel en in die oefengeriewe eet of stort nie. En asseblief ook nie spoeg nie.

Drukkies soos dié een wat Rosko Specman (regs) vir Warrick Gelant vroeër vanjaar gegee het, sal ingevolge Wêreldrugby se Covid-19-riglyne taboe wees. Foto: Getty Images

Dít is van Wêreldrugby se riglyne vir die spelers vir wanneer die inperkingsmaatreëls weens die Covid-19-pandemie mettertyd verslap word en hulle na die oefengeriewe en oefenveld kan terugkeer.

Wêreldrugby het die riglyne uiteengesit in ’n dokument, Safe Return to Rugby in the Context of the COVID-19 Pandemic, wat hy vir die rugbygemeenskap opgestel het.

Daarin word tien reëls vir spelers en afrigters uitgestippel.

Van die belangrikste riglyne is as:

1. Opvoeding. Daar’s ’n aanlyn module wat voltooi moet word om ’n sertifikaat te ontvang wat aan werkgewers oorhandig moet word as bewys dat die speler dit afgelê is.

2. Daaglikse ondersoeke. Spelers en afrigters moet elke dag ’n vorm invul waarin hulle uitgevra word oor simptome en of hulle moontlik kontak gehad het met iemand wat Covid-19, of vermoedelik Covid-19, onder lede het.

Een positiewe ding wat uit die Covid-19-pandemie kan kom, is dat spoeg ’n ernstige oortreding op ’n rugbyveld kan raak. Brodie Retallick doen hier presies wat nie gedoen mag word nadat jy ’n drie gedruk het nie. Foto: Getty Images

3. Algemene higiëne. Die gereelde gebruik van handreiniger word aangemoedig en daar word selfs gesê dat spelers kan oorweeg om gesigmaskers in hul gimnasium te dra. Daar moenie gespoeg word of van spanwaterbottels gebruik gemaak word nie.

4. Sosiale distansiëring moet in kantore, die gimnasium, mediese kamers en op die oefenveld (afhangend van die staat van inperking) gehandhaaf word.

5. Fisieke kontak moet só min as moontlik wees. Dit sluit handdrukke, high fives en drukkies in. Terwyl die hoër vlakke van inperking nog van krag is, kan slegs individueel geoefen word.

6. Stort en trek aan by die huis.

7. Moenie saamry nie. Spelers moet verkieslik in hul eie motors na die oefenveld ry, tensy hulle huismaats is. Daar moenie van minibusse gebruik gemaak word nie.

8. Vermy byeenkomste en vierings.

Dit sluit in sosiale kuiersessies, terwyl spanvergaderings buitemuurs gehou moet word of in plekke waar voldoende sosiale distansiëring moontlik is.

9. Hou oefengroepies klein. Hierdie sal afhang van die regering se reëls wat in terme van die staat van inperking van krag is. Wêreldrugby wil egter hê dat die groepe klein is en nie op dieselfde tye moet oefen nie.

10. Aktiwiteite moet só ver as moontlik buitemuurs plaasvind.

’n Dokument wat spelers ten tyde van die Covid-19-pandemie daagliks sal moet invul voordat hulle oefenveld toe kom. Foto: Wêreldrugby

Wêreldrugby benadruk dat beheerliggame hul afsonderlike regerings se bestaande regulasies moet nakom, maar unies en klubs moet deurgaans bewys kan lewer dat hulle spelers se simptome omvattend kan monitor en hulle kan toets.

’n Raamwerk van wat in oefensessies toelaatbaar sal wees, word ook uiteengesit. Die riglyne sal deur ’n land se inperkingsreëls bepaal word.

In die Wêreldrugby-dokument word onder meer gesê:

* Daar kan oorweeg word om in klein groepe te oefen sodra skole heropen, ondernemings wat nie noodsaaklike dienste lewer nie weer hul deure mag oopmaak en produksie hervat word, en wanneer minder as tien mense saam mag wees.

* Die volle groep kan saam oefen sonder om kontak te maak wanneer minder as 50 mense saam mag wees.

* Daar kan kontak-oefeninge wees wanneer daar ’n algehele verslapping in inperkingsreëls is, wat fisieke kontak toelaat.

* Die dokument waarin die riglyne omvattend beskryf word, is hier beskikbaar.

Meer oor:  Koronavirus  |  Rugbyreëls  |  Wêreldrugby  |  Spoeg  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.