Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hane hoogste in 6 jaar op wêreldranglys
Die gebore Suid-Afrikaner Paul Willemse druk vir Frankryk in die Sesnasies-wedstryd teen Wallis Saterdag in Cardiff. Foto: Getty Images

Die Franse rugbyspan beklee sy beste posisie in ses jaar op die wêreldranglys nadat hy Wallis die naweek in Cardiff geklop het.

Die Sesnasies-voorlopers het die Drake met 27-23 in Cardiff geskok om onoorwonne te bly. Frankryk het Engeland en Italië ook vroeër in die kompetisie omgedop.

Fabien Galthié se Les Bleus beklee vir die eerste keer sedert Februarie 2014 weer die vyfde plek, volgens Wêreldrugby se webwerf.

Wallis, wat voor die afskop van die reeks nog vierde op die ranglys was, het na die sesde plek uitgesak.

Italië het ná sy 25ste agtereenvolgende nederlaag in die Sesnasies-reeks tot 14de afgeskuif.

Die Springbokke pronk steeds boaan die ranglys.

* Wêreldrugby se ranglys: 1. Suid-Afrika 94.19, 2. Nieu-Seeland 92.11, 3. Engeland 88.25, 4. Ierland 84.91, 5. Frankryk 83.86, 6. Wallis 82.79, 7. Australië 81.90, 8. Skotland 79.55, 9. Japan 79.28, 10. Argentinië 78.31, 11. Fidji 76.21, 12. Georgië 72.70, 13. Tonga 71.44, 14. Italië 71.07, 15. Samoa 70.72, 16. VSA 68.10, 17. Uruguay 67.41, 18. Spanje 66.75, 19. Romenië 66.64, 20. Portugal 61.45. – Sportredaksie

Meer oor:  Fabien Galthie  |  Frankryk  |  Wêreldranglys  |  Springbokke  |  Wêreldrugby  |  Hane  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.