Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hane kraai koning teen Poemas in Lille
Guilhem Guirado duik in 70ste minuut oor vir die Hane om die uitslag bo alle twyfel te stel.Foto: Reuters

Frankryk het sy eerste sege in nege maande behaal toe hy Argentinië Saterdag in hul rugbytoets met 28-13 in Lille geklop het.

Teddy Thomas was die tuisspan se groot held met twee drieë, een in elke helfte. Guilhem Guirado het in die 70ste minuut die Hane se derde drie gaan druk om die uitslag bo alle twyfel te stel.

Dit sou Jacques Brunel (afrigter) se beleërde span ’n welkome dosis selfvertroue voor die Wêreldbeker-toernooi aanstaande jaar in September ingejaag het.

“Dit voel goed, die sege, veral ná verlede Saterdag se teleurstelling (teen die Springbokke in Parys). Dit was nie maklik om daarvan te vergeet nie,” het Guirado gesê.

Dit voel goed, die sege, veral ná verlede Saterdag se teleurstelling. Dit was nie maklik om daarvan te vergeet nie.
Guilhem Guirado

“Maar ek is dolgelukkig en baie trots op die ouens. Ons het veral in die tweede helfte die skroewe ’n bietjie aangedraai.”

Ondanks die Poemas se positiewe begin – Ramiro Moyano het ná net twee minute gaan druk – het die Franse teruggeveg om hul eerste sege sedert ’n Sesnasiestoets teen Engeland in Maart te behaal.

Die senter Gael Fickou, wat in die opdrafspan was nadat hy teen die Bokke as plaasvervanger kans gekry het, was manjifiek.

Sy vlymskerp breekslag en lang aangee van maklik 30 m, het tot Thomas se tweede drie gelei.

“Ek was gefokus om die afrigter se vertroue in my met ’n goeie vertoning te beloon. Dis lekker om ’n lid van die wenspan te kon wees. Soveel lekkerder as om te verloor,” het Fickou gesê.

Frankryk sluit sy jaareind-verpligting aanstaande Saterdag af met ’n toets teen Fidji in Parys. Argentinië speel dan teen Skotland en ’n week later op Twickenham teen die Barbarians.

Puntemakers: 

Frankryk 28 (11): Drieë: Teddy Thomas (2), Guilhem Guirado; Doelskoppe: Baptiste Serin (2); Strafdoele: Serin (3).

 Argentinië 13 (10): Drie: Ramiro Moyano; Doelskop: Nicolaz Sanchez; Strafdoele: Sanchez (2). - Reuters

Meer oor:  Lille  |  Argentinië  |  Frankryk  |  Jaareindtoer  |  Poemas  |  Hane  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.