Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hane laat Taljaners in trane

Italië se rugbyspan het straks sy beste kans vanjaar om ’n kragmeting in die Sesnasies-reeks te wen, verspeel toe hy Saterdag in Rome teen Frankryk vasgeval het.

Antoine Dupont, skrumskakel van die Hane, trek ore plat in Rome. Foto: Getty Images

Die Hane het met 25-14 gewen, maar teen die einde was die Taljaners pal in die besoekers se kwartgebied, sonder om punte aan te teken.

Sergio Parisse, kaptein van Italië, wat die einde van sy loopbaan nader, het ’n barshou gespeel.

En toe, in die doodsnikke duik Damian Penaud, vleuel van die Hane, oor om die sout behoorlik in die Italianers se wonde te smeer.

*Puntemakers: Frankryk 25 (10): Drieë: Antoine Dupont, Yoann Huget, Damian Penaud. Doelskoppe: Romain Ntamack (2). Strafdoel: Ntamack. Skepdoel: Ntamack. Italië 14 (6): Drie: Tito Tebaldi. Strafdoele: Tommaso Allan (3). – Sportredaksie

Meer oor:  Frankryk  |  Rome  |  Italië  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.