Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hane se boertjie Bernard le Roux in sop

’n Skorsing van ses weke staar die Franse rugbyspeler Bernard le Roux – wat in Suid-Afrika gebore is – in die gesig nadat hy uitgewys is vir ’n voorval tydens ’n oefenwedstryd teen Wallis.

Bernard le Roux vroeër vanjaar ná ’n wedstryd in die Sesnasies-reeks tussen Frankryk en Engeland. Foto: Getty Images

Die 31-jarige Le Roux, ’n slot wat in Moorreesburg in die Wes-Kaap gebore is, het Alun Wyn Jones, die Rooi Drake se kaptein, se kop met sy voorarm getref. Die twee spanne was Saterdag in Parys slaags, met die tuisspan wat met 38-21 koning gekraai het.

Die skeidsregter, Karl Dickson, het die beweerde insident gemis, maar Le Roux is agterna uitgewys en moet Dinsdag voor ’n dissiplinêre komitee verskyn.

Volgens die reëls van Wêreldrugby is die minimum straf vir kontak met ’n speler se nek of kop ’n skorsing van ses weke.

Sou Le Roux wel geskors word, sal dit vir die Hane ’n slag wees. Hulle kom Saterdag teen Ierland in hul laaste kragmeting van die Sesnasies-reeks in Saint-Denis te staan.

Die Franse is tans derde op die punteleer en kan die eerste keer sedert 2010 daarin slaag om die Sesnasies te wen. Ierland is eerste, gevolg deur Engeland. Die Rose kom Saterdag teen Italië in Rome te staan. – Reuters


Meer oor:  Frankryk  |  Sesnasies-Reeks  |  Wallis  |  Hane  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.