Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hane sonder jong generaal teen Skotte

Die Franse Hane sal sonder hul begaafde jong losskakel Romain Ntamack oor die weg moet kom wanneer hulle Skotland Sondag in Edinburg in ’n Nasiesbeker-rugbystryd pak.

Romain Ntamack sal nie Sondag vir Frankryk teen Skotland in aksie wees nie. Foto: Getty Images

Die Franse Rugbyfederasie (FFR) het Maandag aangekondig dat die 21-jarige Ntamack beseer is en dat hy deur Toulon se Louis Carbonel vervang sal word. Die FFR wou egter nie sê wat Ntamack makeer nie.

Ntamack was die eerstekeuse-losskakel in al ses toetse sedert Fabien Galthie die leisels van Frankryk geneem het en is besig om in ’n uiters gedugte skakelpaar met Antoine Dupont (skrumskakel) te ontwikkel.

Frankryk, wat slegs weens ’n swakker punteverskil tweede geëindig het in vanjaar se Sesnasies-reeks, kon nog nie sy Nasiesbeker-veldtog begin nie. Dís omdat sy wedstryd teen Fidji, wat die afgelope naweek moes plaasvind, uitgestel is weens etlike koronavirus-gevalle onder die eilandspan.

Dis nog onseker of Fidji komende Saterdag teen Italië sal kan speel in die tweede ronde van Nasiesbeker-wedstryde.

Skotland het die reeks met ’n oorwinning van 27-18 oor Italië in Fiorentina begin.

Dié kompetisie, waaraan Engeland, Wallis, Ierland en Georgië ook deelneem, vervang die gebruiklike jaareindtoetse in November, wat tussen spanne van die Noordelike en die Suidelike Halfrond gespeel word. – Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Nasiesbeker-Reeks  |  Skotland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.