Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hansen spot ‘Mickey Muis’-Cheika

Steve Hansen, die All Blacks se afrigter, het sy beleërde Wallaby-eweknie, Michael Cheika, by ’n fondsinsameling in Wellington met Mickey Muis vergelyk.

Michael Cheika, afrigter van die Wallabies. Foto: Getty Images

The Sydney Morning Herald berig Hansen het ook gesê Cheika is kwesbaar vir kopspeletjies omdat hy sukkel om sy emosies te beheer.

Hansen se uitlatings volg op ’n vraag oor die Wallaby-legende Mark Ella se kommentaar in 2016 dat “Mickey Muis die All Blacks tot ’n sege kan brei” weens die oorvloed gehaltespelers in Nieu-Seeland.

“Hulle het Mickey Muis wat die Wallabies afrig,” sê Hansen.

Hy meen dit is maklik om Cheika se aandag af te lei met eenvoudige listige plannetjies soos om te weier om sy naam voor wedstryde te gebruik.

“Die plan was om hom nie op sy naam te noem nie, maar hom eenvoudig Australië se afrigter te noem. Toe maak hy ’n bohaai oor hoe ons hom nie respekteer nie.

“Wat ons daar probeer het was om sy fokus van sy hooftaak af te lei en hoewel ek meen hy is nie ’n slegte ou nie, moet hy sy emosies beheer.

“Ek dink hy het ’n goeie kant, hy doen ’n goeie taak met die afrigting, maar soms laat hy homself in die steek.”

Die All Black-breier Steve Hansen het baie te sê oor sy Australiese eweknie. Foto: Getty Images

Hansen voer ook aan hy het ’n sielkundige voorsprong oor Warren Gatland gehad toe sy landgenoot die Britse en Ierse Leeus in 2017 in Nieu-Seeland afgerig het. Maar hy sê hy het teruggestaan toe ’n Kiwi-koerant te ver gaan en ’n spotprent van Gatland as ’n nar publiseer.

Gatland, wat ook Wallis afrig, het onder Hansen se vel geklim toe hy die Nieu-Seelanders van vuilspel beskuldig het, met die ontstelde All Black-breier wat toe sommer inbel na ’n radioprogram om sy taktiek te verdedig.

Hansen sê hy pas ’n meer gematigde benadering op Engeland se Eddie Jones toe.

“Hy hou daarvan om geprys te word, so ons prys hom.”

Hy beskryf Ierland se Joe Schmidt as “ ’n goeie ou en ’n vriend”.

– Sportredaksie

Meer oor:  Steve Hansen  |  Toetsrugby  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Michael Cheika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.