Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hansen kry afrig-joppie in Japan

Die voormalige All Black-afrigter Steve Hansen is as afrigtingskonsultant by die Japanse Topliga-span Toyota Verblitz aangestel.

Hansen (60) het die leisels as afrigter van Nieu-Seeland se nasionale rugbyspan ná die onlangse Wêreldbeker-toernooi in Japan neergelê. Dit nadat hy sedert 2012 die All Blacks se hoofafrigter en sedert 2004 ’n hulpafrigter by dié span was.

Steve Hansen en Kieran Read ná die All Blacks se loesing aan die hand van Engeland in die halfeindronde van die Wêreldbeker-toernooi in Japan. Foto: Getty Images

“Ek het ’n nuwe werk wat van my vereis om te observeer, te konsulteer en as adviseur vir Toyota Verblitz op te tree,” het Hansen in ’n video gesê.

“Dit is nie as hoofafrigter nie en daar word van my vereis om tussen vyf en 17 weke per jaar daar te wees.”

Verblitz word afgerig deur Simon Cron, wat self ’n Nieu-Seelander is, en vroeër ’n hulpafrigter vir die Waratahs in die Super-reeks was.

“Die belangrike ding is om met mense in hul omgewing te werk. Die geleentheid om hom (Cron) te help om te groei is iets wat my opgewonde maak.

“Terwyl dit nie ’n voltydse pos is nie, is dit steeds ’n pos wat my naby die spel gaan hou. Ek kan ook meer tyd met my familie spandeer en ek sien regtig uit daarna,” het Hansen gesê.

Daar is vroeër vanjaar berig dat Hansen in Japan gaan afrig, maar hy het Maandag gesê dat hy nie pen op papier gesit het voor die einde van vanjaar se Wêreldbeker-toernooi nie.

Nie dat Hansen alleen in Japan sal wees nie. Die voormalige All Black-kaptein Kieran Read het ook ’n tuiste by Verblitz gevind.

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie is besig om ’n plaasvervanger vir Hansen aan te wys, met ’n voormalige All Black-hulpafrigter Ian Foster en Scott Robertson van die Crusaders wat as die gunstelinge beskou word. – Reuters

Meer oor:  Japan  |  All Blacks  |  Kieran Read  |  Toyota Verblitz  |  Steve Hansen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.