Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hansen: ‘Ons skuld Aussies niks’

Steve Hansen, voormalige All Black-afrigter, sê Nieu-Seeland Rugby (NZR) moet sterk staan en nie vou onder die Aussies se druk wanneer daar oor die formaat van Superrugby besluit word nie.

Steve Hansen, voormalige afrigter van die All Blacks. Foto: Getty Images

Hansen het nie doekies omgedraai nie en sê Nieu-Seeland “skuld Australië niks”.

Sy reaksie kom ná ’n week van toenemende spanning tussen dié rugbylande nadat die Kiwi’s se Aratipu-verslag oor onder meer die toekoms van die Superreeks aan die lig gekom het.

Daar is in die verslag gekyk na moontlikhede om die kompetisie midde-in die Covid-19-pandemie te verander.

Die plan is dat die lande se franchises in die toekoms in die kompetisie speel en daar word in die verslag voorgestel dat daar meer Kiwi- en minder Aussie-spanne ingesluit word in die trans-Tasman-toernooi.

Hamish McLennan, Rugby Australië (RA) se voorsitter, het vet op die vuur gegooi toe hy gesê het daar is ’n “meester-dienaar”-dinamika met die Nieu-Seelandse rugbybase.

Hansen het nou die volgende sarsie gevuur en sê Nieu-Seeland skuld RA niks.

“Sonder om omstrede te wees, ons sien al vir baie jare na die Aussies om. Ongelukkig het hulle soms verlore geraak wanneer ons hul steun nodig gehad het.

“Skuld ons hulle iets? Nee, maar omdat ons (Nieu-Seelanders) vir meer as net die spel omgee, swig ons soms onder die druk.

“Ek dink NZR is in ’n bui vir reguit gesprekke, want daar is net een kans,” sê Hansen.

Hoewel daar in die verslag aangedui word dat daar verkieslik meer Nieu-Seelandse spanne betrokke moet wees, maan Hansen daar moet besin word of die Kiwi’s genoeg talent het om dit te regverdig.

Daar is ook sprake dat ’n span van die Pasifiese Eilande of Japan ingesluit kan word.

Die franchise Kanaloa Hawaii het reeds belangstelling getoon.

“Ons droom groot en het die onmoontlike vermag,” sê Tracey Atiga, Kanaloa Hawaii se uitvoerende hoof.

“Ons is nog in gesprekke met NZR en sal graag volgende jaar Superrugby wil speel. Ons is reg daarvoor.” – stuff.co.nz

Meer oor:  Steve Hansen  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.