Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hansen sê Bok-toets sal nie WB-invloed hê

Buiten vir ’n bietjie selfvertroue, sal die All Blacks se Rugbykampioenskapstoets teen die Springbokke Saterdag in Wellington weinig invloed hê op wat later vanjaar in die Wêreldbeker-toernooi gaan gebeur.

Só het Steve Hansen, Nieu-Seeland se afrigter, Dinsdag op ’n nuuskonferensie gesê.

Die All Black-kaptein en agtsteman, Kieran Read, Dinsdag op die oefenveld in Wellington. Hy behoort Saterdag weer op sy pos te wees vir die toets teen die Springbokke. Foto: Getty Images

Hansen se mening is dalk ietwat verrassend, aangesien dié twee spanne mekaar oor twee maande in ’n belangrike Wêreldbeker-wedstryd in Japan gaan pak.

Die wenner van daardie openingswedstryd in Groep B, sal ’n ietwat makliker pad na die halfeindronde hê, want dié span sal waarskynlik hul groep wen en dan teen die naasbeste span in Groep A in die kwarteindronde te staan kom. Dit sal heel moontlik Skotland wees.

Daarteenoor sal die naaswenner in Groep B teen die wenner van Groep A, moontlik Ierland, te staan kom.

Ierland het in 2018 in Dublin met die All Blacks afgereken, terwyl hy die Bokke in 2017, in dieselfde stad, ook ’n drag slae gegee het.

Sover dit Hansen aangaan, sal Saterdag se toets ’n groot invloed hê op wie vanjaar se verkorte Rugbykampioenskap gaan wen, maar nie veel van ’n impak later vanjaar hê nie.

Steve Hansen, All Black-hoofafrigter, en sy een adjudant, Ian Foster, bespreek Dinsdag taktiek. Foto: Getty Images

“Ek skat wie ook al wen, sal met die oog op die Wêreldbeker ’n bietjie selfvertroue kry. Maar net omdat jy Saterdag wen, beteken dit nie jy gaan outomaties ook die wedstryd in die Wêreldbeker-toernooi wen nie.

“En onthou, daardie wedstryd in Japan sal ook nie een van die twee spanne uit die Wêreldbeker skakel nie.

“As ek dus na die groter prentjie kyk, kry albei spanne Saterdag ’n kans om mekaar solank ’n bietjie deur te kyk. Maar nee, ek dink nie dié wedstryd gaan uiteindelik ’n invloed hê op wat in die Wêreldbeker gebeur nie.

Die All Blacks en Bokke het die openingsnaweek van die Rugbykampioenskap met oorwinnings oor onderskeidelik Argentinië en Australië afgeskop en die span wat in Wellington wen, sal in die binnebaan wees om die titel te beklink, aangesien daar ná dié kragmeting slegs ’n enkele ronde wedstryde oorbly.

Die Bokke en Kiwi’s het albei hul topspelers in watte toegedraai vir die stryd in Wellington, wat ’n aanduiding is van die respek wat hulle vir mekaar het en die waarde wat aan dié toets geheg word.

Hansen kan weer groot kanonne soos Kieran Read, agtsteman en kaptein, en Sam Whitelock, slot, nader trek vir die Bok-toets, maar het Dinsdag sy kaarte styf teen sy bors gehou wat sy spankeuses betref. – Reuters

Rugbykampioenskap: Puntelys

Meer oor:  Bokke  |  Steve Hansen  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.