Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hansen sê virus kan tot globale seisoen lei

Steve Hansen, die voormalige All Black-afrigter, meen rugby gaan nadat die Covid-19-pandemie verby is ’n gulde geleentheid hê om weer te begin praat oor ’n globale seisoen.

Steve Hansen, die voormalige All Black-afrigter, meen Wêreldrugby moet weer die bal aan die rol sit vir gesprekke oor ’n globale seisoen sodra die Covid-19-pandemie hokgeslaan is. Foto: Getty Images

Wêreldrugby het verlede jaar in daardie verband die bal aan die rol gesit met gesprekke oor ’n sogenaamde Nasiesliga, maar moes dit skrap nadat die Noordelike Halfrond se unies daarteen vasgeskop het.

“Dit gaan nou belangriker as ooit wees om geld uit die spel te maak,” het Hansen, wat vir 16 jaar op Nieu-Seeland se afrigtingspan was, in ’n podsending gesê.

“Dit gaan ’n ander wêreld wees wanneer ons weer aan die gang kom en sport weer begin. Dis ’n puik geleentheid om ’n globale seisoen te skep en dinge hierdie keer reg te kry.

“Daar gaan baie geleenthede kom uit die moeilike tye wat ons beleef. Dit bied vir ons die kans om te gaan nadink en met iets nuuts vorendag te kom.”

Hansen meen dis ook belangrik dat baie meer gedoen word om die belange van spelers uit die Suidsee-Eilande te beskerm.

Daar’s te veel spelers uit die Suidsee-Eilande wat in die Noordelike Halfrond geboelie word om nie vir hul nasionale spanne te speel nie.

“Die eerste ding wat ons moet erken, is dat ons – nie net Nieu-Seeland nie, maar die ganse rugbywêreld – deel van die probleem is. Daarom moet ons ook deel van die oplossing wees,” sê hy.

“Daar’s te veel spelers uit die Suidsee-Eilande wat in die Noordelike Halfrond geboelie word om nie vir hul nasionale spanne te speel nie.”

Hansen meen die spelers se finansiële omstandighede maak dit moeilik om vas te skop teen die klubs se wense.

“Daar’s een ding wat ons onmiddellik kan doen om daardie probleem op te los. Ons kan sê dat die ouens vir klubs kan speel, maar dat hulle beskikbaar móét wees om toetsrugby te speel. Dis belangrik dat rugby op internasionale vlak sterk is,” sê Hansen.

Terselfdertyd meen hy dis belangrik dat die spel in die Suidsee-Eilande beter geadministreer word en dat die geld wat hulle ontvang, reg aangewend word.

Baie is gesê oor menslikheid, maar dit behoort altyd die geval te wees. Jy behoort nie ’n pandemie nodig te hê om dít te skep nie

Op ’n vraag wat sy boodskap aan sy land sal wees te midde van die Covid-19-pandemie, sê Hansen dat dit oor meer gaan as mense wat bloot menslik teenoor mekaar moet wees.

“Baie is gesê oor menslikheid, maar dit behoort altyd die geval te wees. Jy behoort nie ’n pandemie nodig te hê om dít te skep nie,” sê hy.

“My boodskap is eenvoudig dat dinge beter gaan raak. Ons gaan nie net ’n pandemie hê om hok te slaan nie. Daar gaan ’n resessie wees en dit sal taai wees.”

Hansen meen mense moet “saam staan” en vir hulp vra wanneer hulle dit nodig het.

“Dis een ding om sielkundig taai te wees, maar ’n ander om ook vir hulp te kan vra. Ons moet mekaar deurlopend goedgesind wees en vir mekaar omgee. Dán sal ons deur hierdie donker wolk kom,” sê hy. – Sportredaksie

Meer oor:  Steve Hansen  |  Wêreldrugby  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.