Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Hansen skud sy kop oor wêreldranglys

Die All Black-afrigter, Steve Hansen, skud maar net sy kop omdat sy span die eerste keer in byna nie ’n dekade meer eerste op Wêreldrugby se ranglys is nie.

Wallis is danksy Saterdag se oorwinning van 13-6 in ’n Wêreldbeker-opwarmwedstryd teen Engeland nou die top span in die wêreld.

Kieran Read, die All Blacks se kaptein, spog met die Bledisloe-beker ná sy span die Wallabies in Auckland lekker afgeransel het. Foto: Getty Images

“Hoe werk jy dit uit? Ons het die Bledisloe-beker gewen, maar verloor ons eerste plek op die ranglys,” het Hansen aan stuff.co.nz gesê.

“Ek kon nog nooit verstaan hoe dit (die ranglys) werk nie. Maar ons (die All Blacks) moet ons nie nou daaraan steur nie.

“Ons moet ons koppe regkry en die Wêreldbeker wen. Ek is nie gepla met ranglyste nie.”

Hansen het bygevoeg dat die druk nou vierkant op Wallis is.

“Hulle trek op na die Wêreldbeker-toernooi as die nommer een-span in die wêreld.”

Warren Gatland, Wallis se breier, het gesê hy weet daar sal veral rugbyskrywers in Nieu-Seeland wees wat sy span se nommereen-posisie “as ’n grap” sal beskou.

“Ek is trots op ons plek op die ranglys, maar dit is net ’n nommer,” het Gatland gesê.

Eddie Jones, Engeland se afrigter, het gesê hy dink die All Blacks het die afgelope tyd ietwat “teruggehou” en sal in die WB-toernooi weer op hul beste wees.

Die All Black-breier Steve Hansen op Eden Park in Auckland voor sy span se kragmeting Saterdag met die Wallabies. Foto: Getty Images

Die All Blacks was Saterdag op Eden Park in Auckland baie ná aan hul beste toe hulle die Wallabies behoorlik afgeransel en het vyf drieë in hul oorwinning van 36-0 in die tweede Bledisloebeker-toets gedruk het.

Michael Cheika, die Wallabies se breier, het twee voormalige toetshelde én die Australiese rugby-ondersteuners om verskoning gevra oor sy span se groot nederlaag.

George Gregan en Justin Harrrison was besig met ’n onderhoud met Cheika op Fox Sports toe die afrigter jammer gesê het.

Daar was groot verwagtinge van die Wallabies ná hulle die vorige week in Perth daarin geslaag het om die All Blacks met 47-26 te klop.

“As jy so uitgestof word soos ons hierdie naweek, moet jy daaruit leer,” het Cheika ook gesê.

Cheika voel sy span het in die eerste helfte goeie momentum gehad, maar kon nie daarin slaag om punte aan te teken nie.

“Hulle (die All Blacks) het besit omgekeer en aan die ander kant van die veld gaan druk,” het Cheika gesê oor die oomblik toe die wedstryd ten gunste van die Nieu-Seelanders geswaai het.

Dit was in die 29ste minuut van die eerste helfte toe die Wallabies sterk op die aanval was.

Die Wallabies se regtervleuel, Reece Hodge, kon nie ’n swak aangee beheer nie en die All Black-lossskakel, Richie Mo’unga, het die fout uitgebuit om te gaan druk.

Kort daarna het die Wallabies se heelagter, Kurtley Beale, ’n swak taktiese skop gelos wat op nog ’n drie vir die Kiwi’s uitgeloop het.

Van daar af was dit eintlik maar eenrigting verkeer.

Meer oor:  Wallis  |  Ranglys  |  Warren Gatland  |  Steve Hansen  |  Wallabies  |  Wêreldrugby  |  All Blacks  |  Michael Cheika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.