Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Harde werk wag op Cheetahs in die Pro14

Die Cheetahs het hul Pro14-veldtog op die slegste moontlike wyse begin toe hulle aan die ontvangkant was van ’n behoorlike drag slae.

Die Ierse rugbyspan Munster het hulle Saterdag in Limerick met 38-0 afgeransel en asof dit nie genoeg is nie, sit hulle boonop ook sonder ’n kaptein.

Shaun Venter laat loop Saterdagaand die bal in die Cheetahs se Pro14-wedstryd teen Munster, met die flank Tommy O'Donnell wat op hom afstorm.Foto: Getty Images

Die Springbok-flank Oupa Mohoje is op pad huis toe nadat hy in die 13de minuut ’n ernstige kniebesering opgedoen het.

Dit was sy eerste Pro14-wedstryd as kaptein. Shaun Venter het die kapteinskap oorgeneem.

Vir Franco Smith, afrigter, was die eerste wedstryd in beheer as Pro14-breier ’n uiters teleurstellende uitstappie.

Behalwe die nederlaag en Mohoje se besering, is hy besig om ’n span van voor af op te bou.

Dié loesing kan aan ’n gebrek aan ervaring toegeskryf word, niks anders nie.

Dié nederlaag was die vierde in ’n donker naweek vir Vrystaat-rugby nadat die o.19-, o.21- én Curriebeker-spanne almal aan die verloorkant was.

“Dit gaan nie soseer oor wat ons verkeerd gedoen het nie, maar eerder dat Munster goed gedoen het om ons uit te hou. Daar was tye in die eerste helfte wat ons baie goed aangeval het, maar Munster is eenvoudig net ’n baie meer gevestigde span en hul verdediging was uitstekend.

“Ons het in die eerste helfte twee foute begaan en twee drieë afgestaan,” sê Smith.

Hy sê as jy agterloop teen ’n span soos Munster, sal enige span opvang-rugby moet speel en dit is wat met die Cheetahs gebeur het.

“As jy op dié vlak foute begaan, gaan jy daarvoor betaal, so ons maar weer in ’n boufase wat dit betref. As daar geleenthede is, moet dit gebruik word.

“Ek het dit jare gelede ook gesê, maar ek dink as ons gereeld in sulke situasies geplaas word, sal ons dit moet begin afrond. Dit was klaar beter as teen die Blou Bulle en die Westelike Provinsie (in die eerste twee Curriebeker-wedstryde).

“Ek dink die manier hoe ons in die eerste helfte aangeval het, was goed genoeg, maar hulle het goed gedoen om ons uit te hou. Dit kom van Johann van Graan (afrigter) en JP Ferreira (verdedigingsafrigters) af.”

Die Cheetahs het op die aanval heelwat foute begaan, wat hulle nog verder onder druk geplaas het.

Smith sê daar sal hard daaraan gewerk word voor Saterdag se wedstryd teen die Ospreys in Swansea, Wallis.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Munster  |  Cheetahs  |  Pro14-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.